’n Nuwe era begin vir Elgin-Grabouw-Toerisme

Vanjaar het op ’n hoë noot afgeskop vir die Elgin-Grabouw-vallei danksy opwindende ontwikkelings wat die weg gebaan het vir die herbekendstelling van toerisme in die streek. Hoewel Elgin Wine Valley sy deure op 30 Junie 2018 gesluit het, het Wines of Elgin die belangrikheid van toerisme in die vallei raak gesien en besluit om nuwe lewe in hierdie groeiende bedryf te blaas.

Wines of Elgin word wêreldwyd erken vir sy hoogs aangeskrewe en veelbekroonde koelklimaatwyne. As sulks is daar besluit om op daadwerklike wyse die Elgin Grabouw-vallei as toerismebestemming onder die aandag van sowel plaaslike as internasionale besoekers te bring.

Die Elgin Grabouw-vallei bied beslis ook iets vir die oog.

Die nuwe toerismeliggaam sal die persoonlike betrokkenheid verseker van al sy lede wat die relevante sektore in die vallei verteenwoordig en bestaan uit die volgende komitee:

Marion Smith (Voorsitter en mede-eienaar van Elgin Ridge Wines)

Nicky Wallace (Paul Wallace Wines)

Liesl Cluver Rust (Paul Cluver Wines)

Nick King (South Hill Wines)

Roger Orpen (Elgin Railway Market)

Pieter Silberbauer (Trail’s End)

Alfra Cox, bygestaan deur Edward Cloete (verteenwoordig die Theewaterskloof-munisipaliteit)

Die komitee sal bygestaan word deur ’n voltydse Uitvoerende Hoof van Toerisme, Catherine Boome, wat buite Elgin op die familie se appel- en peerplaas woon. Mariaan Meyer sal na die administratiewe take omsien.

Elgin Ridge Wines.

Die nuwe naam en struktuur sluit die hele Elgin- en Grabouw-gemeenskappe in en bied dus ’n veel groter geleentheid vir inligting vir plaaslike en internasionale toeriste. Dit sluit alle sektore in, naamlik wyn, die nuwe Elgin Railway Market, buitemuurse aktiwiteite, restaurante en verblyf wat wissel van egte plaas-akkommodasie en “bergfietshotelle” tot sogenaamde glanskampering, asook tradisionele plaasstalletjies wat reeds deel uitmaak van die meeste mense se reis. Hierbenewens beskik die streek oor die Kogelberg-biosfeerreservaat, ’n UNESCO-gebied van 100 000 hektaar wat die tuiste is van die mees komplekse biodiversiteit op die planeet met meer as 1 880 verskillende plantspesies.

“Ons is opgewonde oor die nuwe struktuur, en die gekombineerde energie van al die lede sal help om selfs meer bewustheid te skep van hierdie pragtige vallei. Ons is ook opgewonde oor wat op ons wag,” sê die Voorsitter, Marion Smith.

Tydens die oorskakelingsproses kan besoekers gebruik maak van ’n “virtuele toerismekantoor” by exec@elgintourism.co.za vir enige navrae, of besoek www.elgingrabouwtourism.co.za. Daar word ’n fisiese kantoor vir die organisasie beplan, maar in die tussentyd het die komitee besluit dis die ideale geleentheid om hul innoverende gedagtes uit te toets.

Die Elgin Grabouw-vallei is sowat 70 km van Kaapstad af en is alombekend vir sy gasvryheid, gulhartigheid en puik wyne. Sy restaurante en verblyfplekke van gehalte, asook sy vele buitemuurse aktiwiteite, voeg baie waarde toe. Die streek beloon besoekers wat nuuskierig en avontuurlustig is en so bietjie weg van die gewone wil uitspan en ontspan, en nooi mense uit om #experienceelgin en al sy skoonheid.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>