’n Laatoeswyn vir die somer? Hoekom nie!

Begrawe tog die ou heilige koei dat soet of gefortifiseerde wyne net vir die koue wintermaande bedoel is! ’n Heerlik verkilde soete of semi-soete kan die ongerief uit enige warm dag vat.

Skyline Late Harvest is ’n volronde wyn wat met heerlike geure van ryk heuning en vrugte. Dis geïnspireer deur ’n nuwe generasie met ’n onblusbare liefde vir die goeie lewe en het sy naam te danke aan Suid-Afrika se wonderlike stadslewe.

Dis ’n enkelkultivarwyn gemaak van die beste chenin blanc-druiwe. Die vrugte is later in die seisoen ge-oes toe die natuurlike suikers in die vrugte gekonsentreer het. Dus word geen suiker bygevoeg nie. Dit word teen 11,2% alkohol gebottel.

Verkil dit en skink, of meng dit met soda en bedien oor ys. Skyline Late Harvest werk ook ewe lekker met kos.

Skyline Late Harvest bied ’n fyn balans tussen soet en suur en is dus ’n klassieke pasmaat vir ryk lewerpatee of parfait. Dis ook heerlik met nageregte. Bedien dit met kaaskoek, crème caramel of gebakte vla, vrugte-nageregte soos appelkoos- of persketerte en glansvrugte-terte of pavlova.

Koop Skyline Late Harvest by jou naaste handelaar in ’n 750 ml-bottel vir ongeveer R49,99 of die gerieflike drieliter-wyn-in-’n-boks teen slegs R134,99.

Besoek www.skylinewine.co.za of stuur ’n epos na info@skylinewine.co.za vir meer inligting.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>