‘n Groenboonslaai en sauvignon blanc vir die somermaande

Date posted:
January 31, 2011

Net een besoek aan die Cuvée-restaurant op die Simonsig-landgoed buite Stellenbosch en jy sal weet wat haute cuisine beteken! En jy sal saamstem dat as dit vaardigheid verg om goeie kos te maak en ‘n kuns is om uitmuntende kos te maak, dan is die sjef, Shanel Gildenhuys, sonder enige twyfel ‘n kunstenaar!

 

Hier is een van Shanel se gunsteling-resepte. Probeer dit gerus. Dit sal jou somer baie lekkerder maak!

 

Cuvée se Groenboonslaai

Bedien 6

 

Crostini

18 dun snye ciabatta (Italiaanse witbrood)

10ml olyfolie

100g chevin-bokmelkkaas

 

Besprinkel die gesnyde ciabatta-broodjie met olyfolie en rooster totdat dit goudbruin is. Plaas dan die bokmelkkaas in gesnyde skyfies bo op die ciabatta broodjies, plaas dit vir 30-45 sekondes onder ‘n voorverhitte rooster in die oond.

 

Groen bone

360g groen bone, reeds geblansjeer

2 knoffelhuisies, dun gesny   

6 salieblare

15g botter

 

In ‘n warm pan, braai die groenbone, salieblare en knoffel in botter tot deurwarm. Wees versigtig dat die botter nie brand nie.

Geroosterde Tamatie

Voorverhit die oond tot 180°C

 

100g baba-tamaties, gehalveer in die lengte

15ml olyfolie

15ml balsamiese asyn

2 tiemieblare

1 knippie sout en swart peper

 

Plaas die bestanddele op ‘n oondplaat en rooster totdat die tamatie effens sag is (10-15 minute).

 

Samestelling van dis:

 

Plaas die warm bone in die middel van die bord en spasieer die tamaties tussen, op en langs die bone op die bord. Kroon dan die slaai met die geroosterde ciabatta en bokmelkkaas.

 

Shanel stel ‘n sauvignon blanc voor saam met hierdie heerlike, ligte somersgereg, en natuurlik Simonsig se Sunbird Sauvignon Blanc 2010 is haar eerste keuse!

 

Geniet!

 

Einde

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram