‘n Geskenk van goud van Klipdrift

Date posted:
October 5, 2009

 

Klipdrift Gold, uniek Suid-Afrikaans en onweerstaanbaar elegant, is die perfekte geskenk hierdie feestyd, synde in 'n spesiale geskenkpak met twee kristalglase en drupmatjies van leer.

 

Klipdrift Gold, 'n wenner van talle toekennings, kombineer skaars, lang verouderde brandewyne van tot 21 jaar met jonger komponente om ’n uitsonderlik gebalanseerde geheel te skep. Met sy ryk, goue kleur bied dit ’n aanvanklike aroma van ryp perskes, pere en sitrus wat aangevul word deur titsels soet speserye, sjokolade en haselneut om ’n veelvlakkige effek te verkry.

 

Geniet dit op sy eie met water of 'n ysblokkie of saam met ryk, aromatiese disse en sjokolade.

 

Die Klipdrift Gold-geskenkpak verkoop in die kleinhandel vir sowat R300.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram