’n Fees van kaas, wyn en jazz keer terug na Delheim

Delheim se jaarlikse fees waartydens kaas, wyn en jazz hoogty vier, is terug, maar hierdie keer word ’n nuwe deuntjie Sondae tussen Junie en Augustus gespeel danksy die betrokkenheid van die Cape Town Music Academy (CTMA) en Jazz in the Native Yards. Dié gewilde wintermakieties spog nou met ’n nuwe baadjie en bied ontvlugting van die winterkoue elke Sondag van 24 Junie tot 26 Augustus.

 

“Ons is baie in ons noppies om vanjaar ’n inspirerende vertoonstuk van vars, nuwe talent aan besoekers voor te stel. Ons Downstairs-kelder is die perfekte platform vir jong musikante wat ook interpretasies en hul eie komposisies met internasionale aanslag sal lewer,” sê Delheim se Nora Sperling-Thiel. “Die reeks fondues is een van ons gewildste geleenthede wat nou na die volgende vlak gaan met drie lewendige jazz-sessies per geleentheid, saam met uitstekende landgoedwyn en die talmende aromas van uitsonderlike kaas om die ervaring af te rond.”

 

Die CTMA is ’n organisasie sonder winsbejag wat geleenthede vir plaaslike, gevestigde en opkomende musikante in die Wes-Kaaps uitsoek. Die CTMA se doel is om die werk van plaaslike musikante te bevorder en om loopbaangeleenthede in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te skep.

 

Die fondues word in Delheim se intieme Downstairs-wynkelder met sy lae plafonne en gesellige tafeltjies gehou. Dis hier waar die kaaspotjies se deksels waai en al jou weerstand smelt met vuurwarm Switserse kaas, Delheim-wyn en sielsverkwikkende jazz-klanke.

 

Kaartjies kos R450 en sluit die lewende musiek, ’n glas tradisionele Glühwein wanneer jy aankom en die heilsame kaasfondue-maaltyd in wat saam met komplimentêre Delheim-wyne bedien sal word, in. Daar sal ook ’n koffiekroeg wees.

 

‘n Fees van kaas, wyn en jazz wag op Delheim hierdie winter.

Delheim Jazz en Kaasfondues bespreking-besonderhede:

 

Prys: R450 per persoon – dit sluit alle vermaak, kos en wyn in.

 

Datums:

24 Junie

1 Julie

8 Julie

15 Julie

22 Julie

29 Julie

5 Augustus

12 Augustus

19 Augustus

26 Augustus

 

Tyd: 12:00, met die eerste jazz-vertoning wat om 12:30 plaasvind. Die fondue sal teen 13:15 bedien word.

 

Kaartjies moet vroegtydig bespreek word by www.webtickets.co.za.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>