Mulderbosch vier 22 oesjare met jongste Chardonnay

Die Mulderbosch-landgoed buite Stellenbosch het sy 22ste oesjaar gevier met die bekendstelling van die Mulderbosch Chardonnay 2018. Die vorige oesjaar van hierdie wyn het ’n uitstekende 91 uit ’n moontlike 100 punte aangeteken in die Britse wynkenner, Tim Atkin MW, se South African 2018 Special Report.

“Die 2018-oesjaar is gekenmerk deur warm, droë toestande en meer as ooit het die nabyheid van die wingerde aan die Atlantiese Oseaan ’n belangrike rol gespeel om hierdie toestande te tem,” verduidelik Sean Griffiths, Mulderbosch se Verkoops- en Bemarkingsbestuurder. Omdat ons wingerde hoog teen die heuwels van Bottelary lê en oor Valsbaai kyk, kon ons wynmaakspan daarin slaag om ’n fantastiese Chardonnay te skep wat Mulderbosch se kenmerkende varsheid ten toon stel.”

Die Mulderbosch Chardonnay 2018 het ’n ligte goue kleur en stel aromas van vanieljepeul, vars vla en ryp vrugte soos gesnyde pynappel en papaja in die neus vry. ’n Ligte, verfynde kalkagtigheid, wat gebalanseer word deur die middelmond se ryk romerigheid, gee die mondgevoel ’n hupstoot, terwyl die talmende nasmaak gekenmerk word deur geure van sitrusskil.

“’n Derde van die wyn is in Franse eikehoutvate van 300 liter gegis en die res in vlekvrye staaltenks,” verduidelik Griffiths. “Die komponente het 6 maande lank verouder voordat dit versny is vir bottelering.”

Vir meer inligting, skakel 021 881 8146 of 082 557 7909, stuur ’n epos aan sean@mulderbosch.co.za of besoek www.mulderbosch.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>