Mulderbosch Sauvignon Blanc 2018 – ’n Heuglike tuiskoms!

Mulderbosch het pas die 2018-oesjaar van sy gewilde Sauvignon Blanc bekend gestel. Dit is die 26ste oesjaar van hierdie wyn en ’n heuglike tuiskoms. Vorige oesjare van hierdie wyn is gemaak van druiwe uit ander streke, maar vir die 2018-oesjaar het hierdie Sauvignon Blanc terug gekeer na sy “tuiste” en is dit gemaak van druiwe uit die Wyn van Oorsprong Stellenbosch.

“Hierdie wyn is propvol tropiese aromas in die neus en ’n mond vol groen vye,” verduidelik Adam Mason, die wynmaker. “Sowat ’n kwart van die versnit (24%) is verouder in Franse eikehoutvate van 500 liter wat bydra tot sy rykheid en digtheid van tekstuur.”

Die druiwe vir die 2018- Sauvignon Blanc kom uitsluitlik uit die Stellenbosch-wynstreek, maar nie net vanuit Mulderbosch-wingerde nie. Druiwe uit wingerde teen die hange van die Simonsberg, Polkadraai en naby Valsbaai is ook gebruik.

Vir meer inligting, skakel 021 881 8146 of stuur ’n epos aan sean@mulderbosch.co.za, of besoek www.mulderbosch.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>