Middelvlei Rooster Rosé 2019 – Sluit aan by die ‘pienk rewolusie’

Met die somer in volle swang en lang, warm dae en soel aande ons voorland, is samesyn met familie en vriende aan die orde van die dag, of dit nou rondom die braaivleisvuur of die swembad is. Dis ook die tyd van die jaar wat sinoniem met verkilde witwyn of rosé is, en dis hier waar Middelvlei se Rooster Rosé 2019 die seisoen van uitspan en ontspan ekstra woema gee.

Die Middelvlei Rooster Rosé 2019 is gemaak van cinsaut-druiwe uit die beste wingerde in die Wes-Kaap. Volgens die landgoed se wynmaker, Tinnie Momberg, was die toestande vir die optimale ontwikkeling en rypword van die druiwe van September tot Desember 2018 perfek. Dit het ’n puik droë wyn tot gevolg met delikate somerbessie- en waatlemoengeure. Hy beskryf die wyn se kleur as lig salmpienk en sê dit het ’n heerlike, vrugtige nasmaak.

Volgens Momberg is die wyn op sy beste verkil. Dit is puik op sy eie, maar kan ook geniet word met seekos- en hoendergeregte, en dit sal geensins afsteek by tapenade van swart olywe of seisoenale slaaie soos Niçoise nie. Die Rooster Rosé kan selfs met oondgebraaide lamtjops of lamsvleisburgers met Marokkaanse speserye geniet word, of met soet-en-suur-salmteriyaki.

Die Middelvlei Rooster Rosé 2019 is by die proekamer op Middelvlei buite Stellenbosch beskikbaar, asook landwyd by uitgesoekte kleinhandelaars, en kos R95 per bottel.

Vir meer inligting, besoek www.middelvlei.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>