Middelvlei Free-Run Pinotage 2018 – Steek die vleisbraaivure aan!

As erfenis en geskiedenis vir jou belangrik is, sal pinotage, die rooiwynkultivar uniek aan Suid-Afrika, ook wees. So ook vleisbraai, ’n ander ikoniese erfstuk van Suid-Afrika. En as jy die ideale wyn soek om albei te vier, dis nou pinotage én vleisbraai, dan staan Middelvlei se Free-Run Pinotage 2018 voor in die tou.

Wat ’n viering van SA se erfenis met die Middelvlei Free-Run Pinotage 2018 ekstra spesiaal maak, is die feit dat hierdie landgoed vanjaar ’n volle eeu van wynmaak deur drie geslagte Momberg vier.

Die Middelvlei Pinotage is gemaak van 100% vryloopsap. Dis die sap wat natuurlik afloop uit ’n vrag vars geplukte druiwe. Hierdie sap word dan gegis en gefiltreer om ’n wyn van gehalte met sagter tanniene te skep.

Tinnie Momberg, die wynmaker, beskryf hierdie wyn as een met komplekse geure van framboos, moerbei en elegante eikespeserye. Die sagte tanniene word pragtig deur die vrugte gebalanseer en die romerige vanieljegeure talm in die mond.

Die Middelvlei Free-Run Pinotage 2018 is op die landgoed en landwyd by uitgesoekte handelaars te koop teen R130 per bottel.

Wanneer dit by kos kom, het hierdie klassieke Suid-Afrikaanse rooiwyn ’n voorliefde vir ’n tradisionele braaivleis. Die volgende keer as jy dus die vleisbraaivuur aansteek, maak seker dat daar ’n bottel of drie van Middelvlei se Free-Run Pinotage byderhand is.

Vir meer inligting oor Middelvlei en sy wynreeks, besoek www.middelvlei.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>