Middelvlei en die Mombergs vier ’n eeu van wynmaak

“Wie het verleden niet eert, is de toekomst niet weerd.” Hierdie Hollandse uitdrukking vat die geskiedenis van Middelvlei aan die buitewyke van Stellenbosch, waar ’n 100 jaar van bekroonde wyn maak deur drie geslagte Momberg vanjaar gevier word, pragtig saam.

Middelvlei se ryk geskiedenis en trotse tradisies het in 1919 begin toe twee broers, Tinnie en Niels Momberg, die plaas vir £3 000 gekoop het. ’n Jaar later is die eerste sap gepars, hoofsaaklik vir gefortifiseerde wyn. Hul twee seuns, StilJan (die stil een!) en Jan Bek (die MINDER stil een!), het die plaas in 1959 geërf. ’n Belangrike oomblik in die landgoed se geskiedenis was in 1963 roe StilJan sy neef se gedeelte van die plaas uitgekoop en alleen-eienaar geword het.

Tinnie en Ben Momberg van Middelvlei, die derde geslag Momberg wat die tradisie van puik wyn voortsit.

Die jongste geslag Mombergs wat op Middelvlei die septer swaai, Tinnie en Ben, het moderne wynmaak- en wingerdboukundige tegnieke saamgesnoer met die deeglik beproefde metodes van hul voorgangers en, saam met die bemarkingsvaardighede van Ben se vrou, Jeanneret, ’n sterk span geskep wat hulself deeglik laat geld op die Kaapse wyntoneel.

Die volwasse wingerde word in uitstekende toestand gehou terwyl nuwe aanplantings deeglik en noukeurig gekies word om by die terroir te pas. Die “lyf” en “ruggraat” wat die volwasse wingerdstokke aan die wyne gee, word aangevul deur die vars vrugtigheid van die jonger wingerde.

As jy wil weet wat die toekoms inhou, gaan proe wat die verlede voortgebring het!

Wynmaak op Middelvlei is gefokus daarop om meer vruggedrewe wyne te skep met sagter en sappiger tanniene, ’n proses wat in die wingerde begin en in die kelder voortgesit word.

Die landgoed se premie-wynreeks, Middelvlei, bestaan uit ’n Free Run Pinotage, ’n Cabernet Sauvignon, ’n Shiraz, ’n Pinotage Merlot en ’n ongehoute Chardonnay.

Hierdie gewilde reeks is knus in die middel van die Momberg, ’n super-premie versnit van pinotage, shiraz, cabernet sauvignon en merlot, alles verouder in nuwe Franse eikehout, en Rooster, ’n heerlike, gemaklike reeks wyne wat uit ’n lig gehoute Chardonnay, Sauvignon Blanc, Merlot en Shiraz bestaan.

Vir meer inligting, besoek www.middelvlei.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>