Middelvlei Cinsaut Rosé 2020 – Dis tyd vir uitspan en ontspan!

Die somer met sy heerlike warm dae en soel aande is hier … en dis tyd vir samesyn met famile en vriende, of dit nou soggens aan ’n luilekker ontbyttafel is, vanmiddag rondom die swembad of saans saam met die son wat oor die horison sak. Dis ook die seisoen vir verkilde wyn, en dis hier waar Middelvlei se Cinsaut Rosé 2020 nader staan om uit te help.

Die 2020- Middelvlei Cinsaut Rosé word uitsluitlik van cinsaut-druiwe gemaak. Die druiwe kom uit die beste wingerde in die Wes-Kaap en het ’n puik droë wyn tot gevolg met delikate geure van somerbessies en waatlemoen, aldus Tinnie Momberg, Middelvlei se wynmaker. Sy kleur is salmpienk en die wyn het ’n heerlike, vrugtige einde.

Hierdie “romanse in ’n glas” is in die proelokaal op Middelvei beskikbaar teen R105 per bottel, asook by uitgesoekte drankwinkels landwyd. Hy is op sy beste verkil.

Geniet Middelvlei se Cinsaut Rosé 2020 op sy eie of saam met geroosterde seekos- of hoenderdisse. Dit sal ook puik werk met ’n tapenade van swart olywe of seisoenale slaaie soos salade niçoise, en selfs met geroosterde lamstjops met kruie, lamsburgers met Marokkaanse speserye, en soet-en-suur- salmon teriyaki.

Vir meer inligting, besoek www.middelvlei.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>