Middelvlei Cabernet Sauvignon 2018: Bly warm dié Winter!

Die dae word korter en koeler namate die somer afskeid neem en plek maak vir die koue wintermaande. Dis die tyd van die jaar wanneer wynliefhebbers hulle meer en meer wend na forser rooiwyne om die byt uit die koue weer te vat, en dis hier waar Middelvlei se 2018- Cabernet Sauvignon tot sy reg kom.

Die druiwe vir hierdie spoggerige wyn kom uit wingerde wat reeds in 1990 aangeplant is. Die druiwe is in Februarie 2018 met die hand gepluk toe hulle optimaal ryp was. In die kelder is die sap toegelaat om appelmelksuurgisting te ondergaan voordat die wyn vir 11 maande in 70% Franse en 30% Amerikaanse eikehoutvate verouder is. Die meeste van die wyn is in tweedevulvate verouder, met 30% in nuwe vate.

Tinnie Momberg, Middelvlei se wynmaker, beskryf die wyn as fluweelsag en puik gebalanseer. Sy intense geure van donker kersies en cassis meng pragtig met die Cabernet Sauvignon se soepel tanniene om ’n talmende en pikante nasmaak te bewerkstellig.

Geniet die Middelvlei Cabernet Sauvignon 2018 op sy eie om ’n braaivleisvuur of voor die kaggel, of saam met ’n sappige biefburger, stadig gekookte beesvleis, wildsvleis of oondgeroosterde lamsvleis. Die wyn se geure pas ook puik by portobello-sampioene. ’n Puik idee is om die wyn sommer op Middelvlei self te geniet saam met die landgoed se bekende en gewilde boerebraai-middagetes.

Die Middelvlei Cabernet Sauvignon 2018 is by die proelokaal besikbaar teen R175 per bottel of landwyd by uitgesoekte handelaars.

Vir meer inligting oor hierdie en ander wyne in die Middelvlei-portefeulje, besoek www.middelvlei.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>