Luddite en Genevieve ruk op na die Goudstad!

’n Koninklike wyn-ervaring kom skrop nes in die Goudstad op 14 Julie wanneer twee bekende boetiek-wynkelders ’n eenmalige vertoonstuk van buitengewone oesjare aanbied. By dié “Gaan Groot”-middagete sal gaste op negeliterbottels van die bekende Botrivier-streek se “Koning van Shiraz” en “Koningin van Méthode Cap Classique” getrakteer word. Dit word saam met die “groot” geure van die Urbanologi-restaurant bedien.

Die twee wynkelders wat kom kuier, is Luddite, wie se eienaar, Niels Verburg (foto bo), bekend is vir sy Midas-aanraking met dié rooi kultivar, en Melissa Nelsen van Genevieve MCC. Albei kom van Botrivier in die Overberg, ’n streek wat bekend is vir sy slagspreuk “regte wyn wat deur regte mense gemaak word” … vir regte mense!

Om daardie klein-dorpie-gevoel in die grote Johannesburg te skep, word die bediening van die Luddite Shiraz uit negeliterbottels en die MCC uit magnums iets waarlik uniek. Die doel is om aanhangers die geleentheid te gee om die smaakverskil uit grootformaat bottels te proe.

Gaste sal verwelkom word met peuselhappies en die Genevieve MCC 2010. Dan sal die genot skuif na ’n tapas-styl middagete wat met vyf oesjare van die Luddite Shiraz uit die sogenaamde Salmanazar-bottels gepasmaak word.

Dit is die eerste keer dat hierdie konsep in Johannesburg aangebied word en is ontwerp om die verskille wat terroir, klimaat en oes-opbrengs op die wyn het, te vertoon.

“Wyne is baie varser in groter bottels,” sê Niels se vrou, Penny, mede-gasvrou van die eksklusiewe wyn-en-kos-ervaring. “Dit wil lyk asof dit net soveel beter in groter bottels verouder.”

Luddite het ’n baie lojale ondersteuningsgroep opgebou sedert sy stigting, veral vir die Shiraz wat sy eerste oesjaar in 2000 gevier het. Om die waarheid te sê, die Verburgs het die plasie van 8,5 hektaar gekoop met shiraz as hul enigste fokus.

Die dag se vonkel sal verskaf word deur Genevieve.

Wat die vonkelwyn betref, 2010 was die eerste jaar wat Melissa op magnums besluit het. Sy het net 120 bottels van haar kosbare Genevieve MCC hiervoor opsygesit. Sy was altyd gaande oor vonkelwyn en toe die kans hom voordoen om haar eie te maak, het sy dit met albei hande aangegryp.

Genevieve is haar middelnaam, en ook Parys se beskermheilige. Dit maak die Genevieve MCC die perfekte skakel tussen uitstekende Suid-Afrikaanse MCC wat in die Franse sjampanjestyl gemaak word.

Gooi al hierdie wenbestanddele saam by Urbanologi wat bekend is vir puik, ekovriendelike kos en sien hoe die wyn ’n formidabele metgesel ontmoet, een wat al beskryf is as “die duidelike gunsteling as moet-besoek-eetplek”.

Besprekingsbesonderhede:

Datum:           Sondag 14 Julie

Tyd:                12:00

Plek:               Urbanologi

Koste:             R900 per persoon 

Kaartjies is beperk,  moet dus nie gras onder jou voete laat groei nie. Bespreek by Sharon by 028 284 9308 of info@luddite.co.za.

END

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>