Leopard’s Leap sluit ooreenkoms met Chinese maatskappy

Date posted:
September 2, 2011

Leopard’s Leap het 'n ooreenkoms met die maatskappy Yangzhou Perfect Co.  gesluit om die uitvoer van Suid-Afrikaanse wyn na China te vermeerder. China is een van die vinnigste groeiende wynmarkte ter wêreld.

Die vennootskap met Yangzhou Perfect, 'n afdeling van Perfect (China) Co., sal daartoe lei dat sowat 2,9 miljoen bottels wyn teen Junie 2012 na Sjina verskeep word, het Leopard’s Leap se hoof- uitvoerende beampte, Hein Koegelenberg, gesê. Koegelenberg het bygevoeg dat hierdie verskeping ‘n groot toevoeging tot die amper 3, 9 miljoen bottels van Suid-Afrikaanse wyn is wat in 2010/2011 na China uitgevoer is.

Die vennootskap sal bekend staan as Perfect Wines of South Africa. Altesaam 51 persent sal deur Yangzhou Perfect besit word en 49 persent deur Leopard’s Leap. Die vennootskap sal die L’Huguenot-wynhandelsmerk besit en as verspreider van ander wynhandelsmerke dien.

“Ons het drie jaar gelede Asië as 'n uitvoerbestemming vir ons wyne geïdentifiseer,“ sê Koegelenberg. Hul besluit om na die Ooste as moontlike mark te kyk, is verder versterk deur die groei in die jaarlikse uitvoer van Suid-Afrikaanse wyn van 1,2 miljoen na 4,5 miljoen liter.

Koegelenberg beraam dat Leopard’s Leap en La Motte, waarvan hy ook die uitvoerende beampte is, verantwoordelik is vir omtrent 10 persent van Suid-Afrikaanse wynuitvoer na Asië.

Links: Woo Swee Lian en Hein Koegelenberg klink 'n glasie op die ooreenkoms.

Perfect (China) se uitvoerende hoof, mnr. Woo Swee Lian, sê dat hy ook die potensiaal van Suid-Afrikaanse wyn in China sien. “Ons wil deel wees van hierdie groei,” het hy bygevoeg.

Die Suid-Afrikaanse wyn sal deur Perfect (China) se 5, 000 verkooppunte bemark word. Perfect (China) is ‘n verbruikersproduk- en gesondheidskosmaatskappy wat onlangs na die wynmark uitgebrei het.

“Ek dink Suid-Afrika se krag as wynprodusent lê in die feit dat hy die vermoë het om konsekwent gehaltewyn te lewer,” sê Woo.

Die L'Huguenot-wynhandelsmerk is vernoem na die Franse Hugenote wat in die 17de eeu na Suid-Afrika gevlug het. Hulle het hulself in die Kaapse wynlande gevestig in ‘n streek wat vandag Franschhoek genoem word. Franschhoek is die tuiste van sowel La Motte en Leopard’s Leap.

Die L’Huguenot-reek sal uit ‘n Shiraz, Shiraz Pinotage en ‘n Chenin Blanc bestaan.

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram