Le Pommier Rosé 2021: Dis tyd vir uitspan en ontspan!

In sy vroegste vorm was rosé ’n kombinasie van rooi en wit druiwe wat met die voet fyn getrap is en die sap daarna toegelaat het om in groot keramiekhouers te gis. Die hedendaagse Provence in Frankryk het sy reputasie as ’n vooraanstaande produsent van rosé so vroeg as die sesde eeu voor Christus gevestig.

Franse verbruikers het rosé in die 1930s herontdek toe Frankryk vir die eerste keer verpligte vakansiedae ingestel het. Gesinne het na Provence of die Loire-vallei gereis, albei vername rosé-produserende streke, en weer huiswaarts gekeer nadat hulle geleer het om die wynstyl met viering en ontspanning te assosieer.

Verskillende kultivars word wêreldwyd gebruik vir die maak van hierdie wynstyl, maar Le Pommier in die Banhoek-vallei buite Stellenbosch het besluit om twee “nuwe” kultivars in te span om hul heerlike rosé te maak, naamlik sauvignon blanc (98%) en cabernet franc (2%).

Hierdie droë wyn terg die neus met aromas van aarbei en appelliefie, terwyl sy ryk en vrugtige tekstuur in die mond gekomplementeer word deur ’n vars suur en talmende nasmaak. Dis waarlik ’n somersensasie en moet verkil geniet word.

Le Pommier se 2021- Rosé is nie net ’n plesier op sy eie nie, maar sal ook slaaie en witvleisdisse na nuwe hoogtes neem.

Die Le Pommier Rosé 2021 kos sowat R80 per bottel en kan aanlyn gekoop word by www.lepommier.co.za.

Vir meer inligting, skakel 021-885-1269 of stuur ’n epos aan wines@lepommier.co.za.

EINDE

One thought on Le Pommier Rosé 2021: Dis tyd vir uitspan en ontspan!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>