Lanzerac kry buitelandse baas

Date posted:
March 8, 2012

Dr. Christo Wiese, eienaar van die ikoniese landgoed Lanzerac in die Jonkershoek-vallei by Stellenbosch, het bevestig dat die plaas, wat ook 'n vyfster-hotel huisves, aan 'n buitelandse koper verkoop is. Die koopsom is nie bekend gemaak nie.

 

Wiese, wat die plaas in 1991 in 'n verwaarloosde toestand gekoop het, het dit in 'n voorste wynlandgoed en verblyfsoord omgeskep. Hy het aangrensende grond bygekoop, nuwe wingerde aangelê en 'n tegnologies gevorderde kelder gebou.

 

“Dit is as 'n lopende besigheid verkoop en die nuwe eienaar is gretig om dit as sodanig te bedryf,” het Wiese gesê. “Alle personeel word behou.”

 

Wiese, wat ook die groot landbou-onderneming Lourensford buite Somerset-Wes besit, het gesê hy skaal sy boerderybedrywighede af ten einde meer tyd aan sy kleinhandel- en ander sakebelange te kan bestee.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram