Laat Mynhart Joubert se askoek-koedoeburger en Roodeberg jou winter opkikker

“Tuisgemaakte burgers is iets waarmee ek groot geword het en hierdie is vir die grootste deel my ma se resep, sê die sjef Mynhardt Joubert. “Koedoe-maalvleis werk lekker, is goedkoper as beesvleis en bowenal die perfekte pasmaat saam met Roodeberg. Dit werk ook goed wanneer jy vir baie mense moet kos gee en is hope pret vir die hele gesin om te maak.

 

“Pleks van gewone broodrolletjies, maak sommer jou eie askoeke – dit gee ‘n ongelooflike smaak aan die burgers. Hierdie is tannie Nellie van Oudtshoorn se resep.”

 

Voorbereiding                                   30 minute

Kooktyd                                             15 minute

Bedien                                                8 – 10 burgers

 

Bestanddele:

 

Hamburgerfrikkadelle

  • 1 kg Koedoe- of Beesmaalvleis
  • 500 g varkmaalvleis
  • 2 groot rooi- of wituie, fyngekap
  • 60 g gekapte pietersielie
  • 100 g tamatiepasta (2 pakkies)
  • 1 wortel, gerasper
  • 1 koppie broodkrummels
  • 2 ekstra groot eiers
  • 1 eetlepel NOMU African rub
  • 1 teelepel geskroeide koljander
  • Sout en peper

 

Askoek – maak 10 – 12

  • 1 kg meel
  • 50 ml Kanola-olie
  • 1 pakkie droë kitsgis
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 eetlepel sout
  • 450 ml louwarm water

 

 

Metode :

 

Hamburgerfrikkadelle

  1. Meng al die bestanddele saam en verdeel die mengsel in 10 balle. Vorm die hamburgerfrikkadelle, bedek met kleefplastiek en laat vir ten minste ‘n uur in die yskas rus.
  2. Bak in ‘n pan met ‘n bietjie olie of braai oor die kole tot medium gaar. Laat rus.

 

Askoek

  1. Plaas die meel in ‘n groot mengbak en maak ‘n holte in die middel daarvan. Plaas die gis, suiker, olie en sout by die meel en maak weer ‘n holte in die middel.
  2. Voeg die water stelselmatig in die holte by, terwyl die meel stadig ingemeng word tot al die water gebruik is. Knie die deeg vir ongeveer 5 tot 10 minute tot sag en elasties. Bedek die bak en laat rys tot dubbel die volume in ‘n warm plek.
  3. Verwyder die deeg en rol sagkuns op ‘n meel bestrooide oppervlak uit tot ongeveer 2 cm dik. Sny in vierkante. Laat vir ‘n tydjie staan sodat die deeg weer kan rys en plaas dan direk op gematigde kole. Bedek die bokant met ‘n laag warm as. Bak totdat die askoeke hol klink wanneer geklop word.
  4. Vee die oortollige as af voor bediening.

 

Bedien die burgers met blaarslaai, komkommer-spaghetti en gekaramelliseerde uie en geurige mayonnaise bo-op ‘n askoek.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>