Slaan die winterkoue hok met ‘n lekker, toeganklike Méthode Cap Classique. JC le Roux se La Vallée, die land se eerste effe-droë Cap Classique, sal jou beslis opbeur met sy gemaklike vonkel wanneer jy jou gunsteling-wintermaaltyd geniet of langs die kaggelvuur ontspan.
Die JC le Roux La Vallée is pure goud. Dit is handgemaak volgens die eeu oue Franse tradisionele metode van sekondêre bottelfermentasie en bestaan hoofsaaklik uit pinot noir-druiwe. Na 12 maande se veroudering op die fyn gisafsaksels, het hierdie vonkelwyn ’n ryk, gisagtige smaak en heerlike, vrugtige pinot noir-eienskappe ontwikkel.
Hierdie genotvolle Cap Classique is ’n groot gunsteling onder mense wat ’n effe-droë smaak geniet, maar is tog nie te soet vir diegene met ’n voorkeur vir droër vonkelwyn nie. Die JC le Roux La Vallée se lewendige borrels, wat pragtig in jou glas rond dans, sal enige geleentheid opkikker.
Hierdie vonkelwyn
is die perfekte pasmaat vir aromatiese Thai-hoenderkerrie en sal jou lekker warm en bevredigend laat voel op koue wintersaande. Dit kan ook heerlike, tradisionele bobotie komplementeer en is die ideale keuse saam met ’n watertand-nagereg soos ’n crème brûlée of kaaskoek.Die
JC le Roux La Vallée is nou meer opvallend as ooit met ‘n splinternuwe etiket en teen sowat R62 per bottel kan jy nou ’n goue Cap Classique regdeur die jaar geniet.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast