La Petite Ferme stel nuwe hoofsjef aan

La Petite Ferme aan die voet van die Franschhoekpas, en lid van The Nest Collection, het ’n nuwe en talentvolle hoofsjef aangestel. Odette Olivier bring ’n wavrag ondervinding van plaaslike en internasionale ervarings en gaan nuwe lewe blaas in die eet-ervaring by een van die Kaap se mooiste plekke.

Vanaf sy ligging aan die bopunt van die Franschhoekvallei geniet die restaurant dieselfde onbelemmerde uitsigte wat met die eiendom se luukse-verblyf gedeel word.

“Ek geniet dit om Suid-Afrikaanse erfenisdisse te skep en span ’n mengsel van kookmetodes in, soos rook, inlê en gisting,” sê sy. Sy voeg by dat spyskaartbeplanning altyd by die nageregte begin “oor ek só ’n soet tand het”, en waarborg dus dat elke eet-ervaring by La Petite Ferme beslis op ’n hoë noot sal afsluit.

Binne of buite, La Petite Ferme sal jou op ‘n watertandlekker reis neem!

Die motivering agter elke dis spruit uit die oorsprong van La Petite Ferme self wat plattelandse kos met ’n vars kontemporêre kinkel bedien.

“Ons ligging is eenvoudig asemrowend,” sê Odette. “Om in hierdie omgewing – boonop met ’n wonderlike span – te werk, laat my are vol energie bruis.

“Ek sal altyd die tradisies wat deur wonderlike sjefs gestel is, respekteer, maar ek skroom nie om die gewone op sy kop te keer nie,” voeg sy by. “Die vreugde en adrenalien wat uit die skepping van iets nuut spruit, is ongeëwenaard!”

Odette het ’n kulinêre diploma by die gasvryheidskool verwerf en haar loopbaan by die Afrika-geïnspireerde Marimba-restaurant onder Lindsay Venn begin. Venn was ’n harde leermeester, vertel sy, maar hy het haar gedwing om haar horisonne te verbreed.

“Ek het die voorreg gehad om deel te wees van die openingspanne van onder meer die Cape Royale Hotel in Groenpunt, die De Grendel-wynlandgoed en Silvan Safari Lodge. Meer onlangs was sy betrokke by Holland America Line en het regstreekse kookklasse aangebied vir Amerika se Test Kitchen.

Die restaurant by La Petite Ferme is tans oop vir middagete op Saterdag en Sondag van 12:00 tot 15:00 en vir aandete, sewe dae per week, van 18:00 tot 21:00.

Vir meer inligting of om te bespreek, skakel 021 876 3016 of stuur ’n epos aan reception@lapetiteferme.co.za, of besoek www.lapetiteferme.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>