KWV vonkel onder Diamant-wenners by Winemakers’ Choice Awards

Date posted:
October 7, 2011

Wyne van die KWV was onder die grootste wenners by vanjaar se Winemaker’s Choice Awards wat onlangs op Stellenbosch bekend gemaak is. Voor in die koor was die Paarlse wynprodusent se premie wynreeks, The Mentors, wat bygedra tot die KWV se lang lys vooraanstaande toekennings.

 

Die Winemakers’ Choice Awards is die enigste kompetisie wat uitsluitlik deur wynmakers beoordeel word wat alle wynstreke in die land verteenwoordig. Die Diamant-toekennings, die kompetisie se hoogste eerbewys, word nooit aan meer as 10% van die inskrywings toegeken nie.

 

Die KWV The Mentors Sauvignon Blanc/Semillon 2009 en die KWV The Mentors Shiraz 2009 het die meeste punte verdien.

 

“Die Winemakers’ Choice Awards verskil van ander kompetisies in soverre dit ‘n forum bied vir tydgenote in die wynbedryf om hul menings te lug oor die tegniese vlakke van inskrywings,” sê die KWV se hoof-wynmaker, Richard Rowe. “Ons is baie tevrede met die prestasie van ons wyne in hierdie kompetisie en veral omdat dit verdere momentum verleen aan The Mentors se reputasie as wyne van wêreldgehalte.”

 

The Mentors het tot dusver in byna elke groot wynkompetisie, insluitende vanjaar se Mundus Vini International Wine Awards in Duitsland, die Michelangelo International Wine Awards, die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou, die ABSA Top 10 Pinotage-toekennings en die Five Nations Wine Challenge waar wyne uit vooraanstaande wynproduserende lande soos Argentinië, Australië, Suid-Afrika, Nieu Seeland en Chile teen mekaar meegeding het.

 

Die wenners van die Diamant-toekennings op die Winemakers’ Choice Awards is ook geensins nuwelinge op die wennerspodium nie. Die KWV The Mentors Sauvignon Blanc/Semillon 2009 het dubbelgoud op Veritas gewen en goud op Michelangelo, terwyl die Diamant-toekenning vir die KWV The Mentors Shiraz 2009 gelykstaande is aan ‘n vyfde goue medalje vanjaar.

 

Die The Mentors-reeks bestaan uit wyne van die hoogste gehalte wat uit uitgesoekte wingerde gemaak word. ‘n Doelgeboude kelder is geskep om die KWV se wynmaakspan in staat te stel om ondersoek in te stel na klein wingerdblokke in verskillende streke om sodoende die beste druiwe vir die The Mentors-wyne te bekom.

 

Die meeste van die druiwe vir die KWV The Mentors Sauvignon Blanc/Semillon 2009 het gekom uit wingerde by Stellenbosch en die res vanuit Elgin en Lutzville. Die wyn met sy groen skynsel ontplof met geure van groen vy, soetrissie en blomme in die glas, terwyl die vrugtegeure gekomplementeer word met geure van grenadella, lemoengras en lemmetjie op die tong. Die wyn toon ook ‘n sappige konsentrasie en intensiteit.

 

Die KWV The Mentors Shiraz 2009 (links) is gemaak van druiwe uit die Paarl en het 18 maande verouder in ‘n kombinasie van Franse en Amerikaanse eikehoutvate. Die wyn het ‘n robynrooi kleur met komplekse vrugtegeure. Geure van swartbessie, moerbei en braambessie word aangevul deur swart peper, speserye en karamel.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram