KWV stel beperkte The Mentors Carménère 2017 bekend

Die bekroonde KWV-wynreeks, The Mentors, het sy jongste en skitterendste ster bekend gestel, The Mentors Carménère 2017, ’n beperkte rooiwyn van minder as 1 000 liter wat in agtereenvolgend genommerde bottels beskikbaar is.

The Mentors Carménère 2017 sluit aan by ’n raar groep wyne wat gereken word as een van Suid-Afrika se mees bekroonde reekse en die kruin van die wynmaakkuns verteenwoordig. Terselftertyd is hierdie bekendstelling die voorloper tot ’n opwindende reeks beperkte wyne van hoogstaande gehalte in die The Mentors-portefeulje.

The Mentors Carménère 2017 is die eerste van sy soort en ’n waardige toevoeging tot die reeks, en ’n goeie weerspieëling van The Mentors se reputasie van uitmuntendheid,” sê Izele van Blerk, die wynmaker. “Ons is baie trots om dit by ons kosbare versameling te voeg.”

Dit het drie jaar se leer en eksperimenteer gekos voor dié enkelkultivarwyn aan al die reeks se streng standaarde voldoen het. Carménère is bekend as ’n moeilike druif om mee te boer, maar floreer sodra dit met vaardigheid en insig hanteer word. Dit het ’n waardige uitdaging aan die The Mentors-span gestel.

Daar is aanvanklik geglo dat dié Bordeaux-kultivar feitlik heeltemal uitgewis is nadat phylloxera tot sy vernietiging gelei het. In die 1990s is daar toe ontdek dat bykans die helfte van die merlot wat in Chili geplant is eintlik carménère is. In Suid-Afrika is daar slegs 8,56 ha carménère en KWV het toegang tot 1,15 ha daarvan.

The Mentors Carménère 2017 begin sy lewe natuurlik in die wingerd met druiwe wat sy bloedlyn van jongs af weerspieël. Streng keuring verseker dat net die beste druiwe dit maak tot in die The Mentors-kelder – ’n kelder binne ’n kelder wat ontwerp is vir die maak, eksperimentering en innovasie van uitmuntende wyne.

KWV se The Mentors-reeks – wyne van uitnemendheid!

Die druiwe vir die The Mentors Carménère 2017 kom uit ’n Stellenbosse wingerd met ’n lae opbrengs wat oor die jare bewys het dat dit wyne van gehalte lewer. Dis teen optimale rypheid ge-oes en toe per hand gesorteer. Ná die wynmaakproses, wat ’n jaar geduur het, is die beste wyn weer gekeur om vir ’n verdere ses maande te verouder. Verdere oorpomping met 18 maande se veroudering in nuwe Franse eikehoutvate het daarna gevolg.

Die resultaat is ’n volronde wyn wat gekenmerk word deur aromas van vars framboos, komyn en groen peperkorrels, met skeutjies pruim en vanielje. Dis vars en lewendig met sagte, geïntegreerde tanniene, en op die tong is die wyn volrond en ongelooflik fyn gebalanseerd.

Die wynmaakspan glo dat die wyn nou reeds geniet kan word, maar dat geduld beloon sal word as dit teen die optimale bergingsomstandighede vir vyf tot agt jaar kan verouder.

Die The Mentors Carménère 2017 spog met dieselfde nuwe voorkoms as die res van die The Mentors-reeks. Die verpakking is ontwerp om die herkoms en status van die wyn weer te gee en is ’n sterk stelling oor die The Mentors se uitmuntende bloedlyn.

Vir meer inligting, kontak die KWV Emporium by 021 807 3007/8 of the_wine_emporium@kwv.co.za. KWV se wyne en spiritualeë is landswyd by winkels en restaurante beskikbaar, asook aanlyn by https://www.shopsawine.co.za/kwv/24-shop-for-wine.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>