KWV se Classic Collection kry nuwe baadjie

’n Tydlose en kassieke wyn raak nooit uit die mode nie. Hierdie fundamentele waarheid is deel van die DNS van die KWV Classic Collection van toeganklike gehaltewyne wat pas ’n nuwe voorkoms gekry het.

Hoewel hulle ’n nuwe baadjie dra om te pas by die nuwe era waarin ons leef, is dit dieselfde genotvolle wyn van gehalte wat binne-in die bottel skuil. 

Hierdie ongekompliseerde, vruggedrewe wyne wat gemaak is om elke dag geniet te word, onderstreep die gehalte en waarde van die KWV se ongeëwenaarde erfenis van meer as 100 jaar. Fors uitbundigheid en elegante beheerstheid onderskei die Classic Collection se 11 enkelkultivarwyne as ’n uitdrukking van die uiteenlopenheid van die Kaapse Wynlande.

Die rooiwyne in die reeks – Cabernet Sauvignon, Merlot, Shiraz, Pinotage en Petit Verdot – is ryk en geurig, terwyl ’n elegante en lewendige lyn deur die wittes – Sauvignon Blanc, Chardonnay, Chenin Blanc, Grenache Blanc en Moscato – loop. Die Rosé vat die beste eienskappe van albei saam om die ideale somersensasie te vorm.

Laat hierdie versameling ongekompliseerde wyne toe om die beste uit die lewe te put en elke oomblik ten volle te geniet.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>