KWV se Café Culture Pinotage ‘n groot gunsteling

Date posted:
November 22, 2011

KWV se lewendige Café Culture met sy kenmerkende mokkageure het sy plek in die verbruikersmark verseker deur aangewys te word as een van die Top 10-wyne vir “Beste Wyne op Skou” op RMB WineX Johannesburg wat in Oktober by die Sandtonse konvensiesentrum gehou is. Hierdie benoeming het gevolg kort nadat die wyn gekies as as Beste Rooiwyn op Skou op RMB WineX in September in Kaapstad.

 

RMB WineX, wat beskou word as Suid-Afrika se vernaamste wynskou, nooi besoekers uit om vir hul gunstelingwyne te stem. Die stemme word dan getel en die wenprodusente in die verskillende kategorieë word vereer.

 

“Sedert dit aan verbruikers bekend gestel is, het Café Culture van krag tot krag gegaan en hierdie jongste eerbewys bevestig net weer eens ons verbintenis om ‘n wyn van uitmuntende gehalte en toeganklikheid te maak,” verduidelik Jeff Gradwell, die handelsmerkdirekteur.

 

Hierdie lewendige wyn toon geure van donker sjokolade en toffie wat deur bessiegeure gekomplementeer word. Dit is waarlik ‘n unieke wyn.

 

KWV se Café Culture is ‘n medium- en toeganklike wyn volop sappige vrug wat ‘n nuwe en innoverende manier bied om pinotage te geniet. Geniet dit op sy eie of saam met geurige rooivleisdisse, pasta of sjokolade- en bessienageregte.

 

Die wyn kos tussen R50 en R56 per bottel en is beskikbaar by die meeste kleinhandelaars landwyd.

 

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram