Koop Compagniesdrift se Chardonnay Pinot Noir 2018 en ondersteun ’n baie goeie saak

Compagniesdrift, die SEB-wynmaatskappy buite Stellenbosch, dra vanaf Oktober by tot die bewusmaking van borskankervoorkoming deur ’n finansiële bydrae te maak vir elke bottel Compagniesdrift Chardonnay Pinot Noir 2018 wat verkoop word.

Compagniesdrift Wyne, tans onder leiding van Meerlust se wynmaker, Altus Treurnicht, bestaan uit ’n ongehoute Chardonnay, ’n Chardonnay Pinot Noir en ’n houtverouderde Cabernet Sauvignon Merlot-versnit. Die maatskappy is in 2010 gestig as ’n pakhuis met bottelering- en etiketteringsfasiliteite, en het sedertdien in ’n suksesvolle wynhandelsmerk met ’n reeks bekroonde wyne gegroei.

Ilse Ruthford, besturende direkteur van Compagniesdrift, is in Maart van hierdie jaar met borskanker gediagnoseer. Sy beywer haar sedertdien aan die bewusmaking van borsgesondheid by personeellede van Compagniesdrift en begunstigdes van die Meerlust Werkerstrust.  Met hierdie inisiatief in gedagte, het Compagniesdrift onlangs ’n vennootskap met die organisasie vir borsgesondheid, The Breast Health Foundation, gesluit. Hierdie nie-winsgewende organisasie bewyer homself daagliks met die ondersteuning en opleiding van Suid-Afrikaanse vroue vir die bewusmaking van borskanker en die voordele van vroeë diagnose.

“Ek wil graag hiermee vroue bewus maak en leer dat gereelde ondersoeke en sonars noodsaaklik is om ’n vroeë diagnose te verseker en uiteindelik jou kanse tot genesing te verhoog. Die winste wat deur die verkope van hierdie wyn gemaak word, sal beskikbaar gestel word aan ons personeel en begunstigdes van die Werkerstrust vir gereelde ondersoeke en skanderings by die Groote Schuur-hospitaal,” sê Ruthford.

Compagniesdrift is sedert Julie 2019 ’n ten volle swartbemagtigde maatskappy en word ondersteun deur sowel die Departement vir Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming as Standard Bank. Die maatskappy bied aan die 72 individue van die Meerlust Werkerstrust die geleentheid om te deel in kommersiële plaasbestuur en ander besigheidsinitiatiewe. Die eienaars van die wêreldbekende Meerlust-wynlandgoed, die Myburgh-familie, het projekte met potensiaal geïdentifiseer wat plaaswerkers op ’n betekenisvolle en ekonomies vatbare wyse sal bevoordeel.

Die doel van die organisasie vir borsgesondheid (Breast Health Foundation), ’n nie-winsgewende organisasie, is om vroue bewus te maak van die noodsaaklikheid van vroeë diagnose en om ’n gesonde ingesteldheid vir genesing van borskankerpasiënte te bevorder. Sedert die organisasie in 2002 tot stand gekom het, was sy fokus om meer mense te bereik, opleidings- en beradingsprogramme in drie provinsies aan te bied en om ’n nasionale telefoon-ondersteuningsprogram op die been te bring. Compagniesdrift is trots daarop om die waardevolle inisiatiewe van hierdie organisasie met sy Chardonnay Pinot Noir te ondersteun.

Hoewel onlangse studies toon dat alkoholverbruik direk verbind kan word aan ’n verhoogde risiko vir borskanker, glo Compagniesdrift en die borskankervoorkomingsorganisasie (BHF) dat matigheid die sleutel is tot verantwoordelike alkoholverbruik en dat verbruikers moet ag slaan op hul daaglikse eenhede van wynverbruik.

Vir meer inligting, besoek www.compagniesdrift.com en om meer oor die borsgesondheidsorganisasie te leer, besoek www.mybreast.org.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>