Koop Boergondië se beste vate

Die Reciprocal Wine Trading Company behartig sedert 2016 die verkope en bemarking van die wynvate vervaardig deur Tonnellerie Louis Latour.

Tarryn Vincent, nasionale verkoopsbestuurder van Reciprocal, is verantwoordelik vir hierdie diens, terwyl Paul Haumann van Vincorp/Anglo African Finance die logistiek en finansies bestuur. Hulle afsonderlike rolle stel Suid-Afrikaanse produsente wat Latour-vate gebruik in staat om ‘n soomlose verhouding tussen die kuipery en aflewering aan die wynkelder te geniet.Om meer uit te vind van Tonnellerie Louis Latour en om die kuipery in aksie te sien, besoek https://www.louislatour.com/en/maison-louis-latour/the-cooperage.

Die Reciprocal Wine Trading Company is reeds sedert 1980 die Suid-Afrikaanse invoerder en verspreider van die wyne van Louis Latour. Tonnellerie Latour is meer as twee eeue terug gestig, aanvanklik slegs om die heel beste Boergondiese wynvate aan die familie se domaine-landgoedere te verskaf. Louis Latour is die grootste eienaar van Grand Cru-wingerde in die Cote d’Or. Die kuipery se bedrywighede het sedertdien uitgebrei en hulle verskaf tans ‘n beperkte persentasie van hul uitsette aan produsente regoor die wêreld wat die beste Franse eikehoutvate soek om die gehalte van hul premie-wyne te optimaliseer.

Die lys wynkelders wat Louis Latour-vate gebruik, sluit van die bekendste name in die internasionale wynbedryf in, onder meer Staglin Family Winery en Turley Estate (VSA); Cullen, Voyager Estate en Leeuwin Estate (Australië); Craggy Range (Nieu-Seeland); en Richard Kershaw Wines, Lothian, Neil Ellis Wines, Thelema, Storm, Glen Carlou en Vergelegen (Suid-Afrika).

Vir meer inligting, kontak Tarryn Vincent op 073 304 7201 of per epos by tarryn@reciprocal.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>