Klink ‘n glasie op die somer met ‘n avontuurlustige OBiKWA Sauvignon Blanc

Date posted:
October 5, 2012

Sit 'n bietjie skop in dié somer met OBiKWA Sauvignon Blanc 2012, die jongste oesjaar van dié avontuurlustige reeks kultivarwyne bekend vir hul sin vir pret, plesier en uitstaande waarde vir geld wat tans pronk met ’n splinternuwe verekleed.

 

Les jou dors vir 'n somer propvol avontuur met OBiKWA se jongste Sauvignon Blanc, 'n verfrissende droë wyn perfek saam met seevars vis stadig oor die kole gerooster onder die ope lug in eg Suid-Afrikaanse styl.

 

OBIKWA se plat-op-die-aarde reeks gehaltewyne het ’n avontuurlustige, uitbundige karakter met kultuurryke sjarme en is beskikbaar teen ’n bekostigbare prys.

 

Die opgeknapte OBiKWA Sauvignon Blanc 2012 met sy helder geel volstruis steek al klaar kop uit by die voorste supermarkte en drankwinkels landwyd. Dit is beskikbaar teen sowat R28 per bottel.

 

Vir meer inligting oor die wye verskeidenheid OBiKWA-wyne, besoek www.OBiKWA.com en sluit aan by OBiKWA op Facebook.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram