Aan die einde van die dag, wanneer die lig vervaag, gloei die kim soos vuur en verdof dan tot ’n pastelpalet voor die volle sterreskittering verskyn. Dis wanneer ’n mens jou rug op die kantoor draai en die aand met ’n Amarula-skemerkelkie begroet.
Hier is verskeie heerlike, verfrissende, prettige en uitspattige skemerkelkies om die sononder te begroet. Van Afrika se wydste grasveld tot Buenos Aires se tangotempo, van die stadskim van New York tot die walle van die Teems in Londen, deel mense Amarula waar die son ook al sak.
Amarula word tans in 103 lande verkoop en tel onder die voorste 100 spiritualieëhandelsmerke ter wêreld. Volgens die navorsingsmaatskappy Euromonitor is dit ook die een wat die vinnigste groei.
Kliek op die koppelings hieronder om te kyk hoe maak mens drie van die tien skemerkelkies:
http://www.youtube.com/watch?v=uiXFs3E7Exk
http://www.youtube.com/watch?v=R-oUtilMgXU
http://www.youtube.com/watch?v=hqeqrJ3NF3o
En as jy die ander wil probeer, gaan kyk gerus op Planeet Wyn se Kos- en Wynblad.
Vir meer inligting oor Amarula, besoek www.amarula.com en oor die Amarula-trust, www.amarulatrust.com.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast