Kleiner oes in 2018, maar gehalte lyk belowend

Distell se hoof-wynmaker, Niël Groenewald (bo), sê die 2018-oes, wat ongeveer twee weke later as vorige jare begin het, het gesonde druiwe van goeie gehalte gelewer, met die opbrengs sowat 30% laer as verlede jaar, maar dat opbrengste van streke verskil het.

 

“Die voortslepende droogte in die Kaap het beslis ’n invloed gehad op vanjaar se oes met sommige wingerde wat waterstres verduur het, maar ryp, hael en sonbrand was ook bydraende faktore in sommige dele. Druiwe het stadiger as gewoonlik ryp geword weens kleiner blaarbedekking, beperkte water in die grond en ook wat vir besproeiing beskikbaar is.

 

“Dit was gewis een van die uitdagendste oesjare die afgelope paar jaar, maar van dit wat ons op hierdie stadium kan sien, het die droër toestande klaarblyklik ’n relatief gunstige uitwerking op die gehalte van ons premium-gehalte druiwe – afhangend van die groei-streek – gehad.”

 

Groenewald verduidelik dat topgehalte wit druiwe wat lewendige, gekonsentreerde vrugtegeure toon onder meer sauvignon blanc en chardonnay van Stellenbosch, sauvignon blanc van Durbanville, chenin blanc van Darling, chardonnay van die Paarl en riesling uit Ceres insluit. “Hierdie witwyne het ’n gemiddelde alkohol-persentasie van ongeveer 12%.”

 

He sê rooies met ’n intense kleurdiepte, vol en ryp geure en sagte tanniene is gevind in die cabernet sauvignon, petit verdot, pinotage, merlot en cabernet franc van Stellenbosch; cabernet sauvignon, merlot, cabernet franc, petit verdot, carignan en grenache van die Paarl; en Ceres pinot noir uit Ceres. “Ons is tevrede met alkohol-vlakke van om en by 13.5% regdeur ons rooiwyn-spektrum.

 

“Wyndrinkers regoor die wêreld hunker al meer na wyne met effe laer alkohol sonder om die spektrum en geur-intensiteit in te boet. Ons 2018-oesjaarwyne gaan kapitaliseer op hierdie wêreldwye neiging.”

 

Groenewald het ook gesê hulle verwag goeie laatoes- en spesiale laatoeswyne van die 2018-oesjaar weens die reën in Maart en April.

 

“Dis duidelik dat Suid-Afrikaans wynboere hul pogings om by die droogte aan te pas, sal moet bespoedig. Dit is die nuwe normaal.”

 

Distell het ook ten doel om in toekomstige wingerd-aanplantings meer droogtebestande druifvariëteite in te sluit. Die maatskappy se Nederburg-wynkelder buite die Paarl het die afgelope dekade veral ge-eksperimenteer met Meditereense variëteite wat beter geskik is vir veranderende weersomstandighede. Tempranillo en graciano is in 2004 by Simondium gevestig en carignan en grenache in 2008 op Nederburg, asook chambourcin, vidal blanc en seyval blanc in laat 2016. Nog aanplantings word beplan.

 

Om na Nederburg se video van die 2018-oes te kyk, kliek op https://bit.ly/2HRxdvx.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>