Kleine Zalze vir tweede keer beste ‘nuwe wêreld’-produsent!

Kleine Zalze het Suid-Afrikaanse wyne aan die voorpunt van een van die wêreld se grootste en begeerlikste markte geplaas deur vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys te word as die Beste Nuwe Wêreld-Produsent op die internasionale Sommelier Wine Awards (SWA) in die Verenigde Koninkryk. Die landgoed het hierdie eer ook in 2015 te beurt geval.

Hierdie aankondiging is die jongste prestasie in ’n baie bekroonde eerste helfte van die jaar vir Kleine Zalze.

Die Stellenbosse landgoed is bó mededingers van onder meer Australië, Chili, die VSA en Nieu-Seeland uitgesonder en het ’n indrukwekkende sewe medaljes ontvang, waarvan vyf goud. Die SWA ontvang jaarliks duisende inskrywings van vooraanstaande produsente regoor die wêreld.

Dit is ’n groot eer en prestasie om wyne op VK-restaurante se wynlyste te hê wat deur sommeliers wat elke dag daarmee te doen het, gekies is,” sê Kleine Zalze se eienaar en besturende direkteur, Kobus Basson (hierbo met die SWA se Micaela Martins Ferreira). “Ons streef voortdurend daarna om wyn te maak wat baie goed by kos pas en die SWA-uitslae is dus uiters positief.

Die feit dat die jongste toekenning vyf verskillende kultivars insluit – cabernet sauvignon, shiraz, chenin blanc, sauvignon blanc en chardonnay – is selfs nog meer bevredigend,” sê Kobus.

Sedert die begin van die jaar sluit Kleine Zalze se suksesse onder meer in:

  • Goud by die International Wine Challenge 2019 vir die Kleine Zalze Family Reserve, Cabernet Sauvignon 2015 en die Kleine Zalze Vineyard Selection Chenin Blanc 2015;
  • Goud by die Concours Mondial du Sauvignon 2019 vir die Kleine Zalze Vineyard Selection Sauvignon Blanc 2017;
  • Goud by die Concours Mondial de Bruxelles 2019 vir die Kleine Zalze Vineyard Selection Cabernet Sauvignon 2017 en Family Reserve Shiraz 2015;
  • Goud by die Decanter Wine Awards vir die Kleine Zalze Vineyard Selection Sauvignon Blanc 2017;
  • Goud by Mundus Vini International Awards vir die Kleine Zalze Vineyard Selection Shiraz 2016 en
  • Die Kleine Zalze Vineyard Selection Cabernet Sauvignon 2017 se insluiting in die Top 10-wyne in die Prescient Cabernet Sauvignon Report 2019.

Die landgoed se goue medalje wenners is:

Kleine Zalze Cleefs Reserve Collection Chardonnay 2017

Kleine Zalze Family Reserve Cabernet Sauvignon 2015

Kleine Zalze Family Reserve Chenin Blanc 2017

Kleine Zalze Family Reserve Shiraz 2015

Kleine Zalze Vineyard Selection Chenin Blanc 2018

Die SWA is die enigste kompetisie wat net op die restaurantbedryf fokus. Dit word beoordeel deur ’n paneel van top sommeliers en drankaankopers en beloon die beste wyne wat in restaurante, kroeë en hotelle in die VK en verder beskikbaar is. Al die wyne word per kategorie “blind” geproe en die vereistes sluit onder meer in kosvriendelikheid, veelsydigheid, persoonlikheid – en die belangrikste – waarde vir geld.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>