Kleine Zalze is Platter se top produsent van die jaar

Die Stellenbosse wynprodusent, Kleine Zalze, het nuwe hoogtes bereik deur die titel Wine Cellar of the Year in die jongste Platter’s South African Wine Guide in te palm.

Dié gesaghebbende wyngids word deur Diner’s Club geborg en het dié titel aan die wynkelder toegeken nadat sewe van sy wyne die top vyfstergradering en ’n verdere ses wyne 4½ sterre ontvang het.

Dié aankondiging kom enkele weke nadat die beoordelaars by die Old Mutual Trophy Wine Show Kleine Zalze as sy Most Successful Producer Overall aangewys het. 

“Om in agtereenvolgende kompetisies as die beste produsent deur twee van Suid-Afrika se invloedrykste en ervare wynproepanele uitgesonder te word, is wonderlike erkenning vir die span,” sê Kobus Basson, Kleine Zalze se eienaar en besturende direkteur. “Dit mag dalk lyk of ons sterre uiteindelik in hul wentelbaan beland het, maar dit is baie denke, beleggings en harde werk wat ons op hierdie punt in die Kleine Zalze-reis gebring het. Volgende jaar is dit 25 jaar sedert ons Kleine Zalze bekom en hierdie reis aangepak het. Ons het ’n volhoubare wynbesigheid én die fokus op verbeterde wyne in alle prysklasse, style en kultivars ten doel gehad om sodoende relevant te bly in die wynmark”.

Drie van die sewe wyne vir wie die vyfsterglorie beskore was, kom uit die Family Reserve-reeks, naamlik die Cabernet Sauvignon 2017, Chenin Blanc 2019 en Sauvignon Blanc 2019. Daarbenewens is een wyn uit die Vineyard Selection-reeks, die Vineyard Selection Chenin Blanc 2019, ook beloon.

Daar is ook ’n trio Kleine Zalze Project Z-wyne wat 5-ster lof behaal het. Project Z is ’n eklektiese versameling puik en individuele Kleine Zalze-wyne waar die wynmaak-span vrye teuels gegee is om die natuur in te span, om na die beste uitdrukking in elke wingerd te soek en om die kreatiwiteits- en innovasiegrense te skuif om aan te hou groei en ontwikkel. Die wyne bied ’n alternatiewe perspektief van waartoe Kleine Zalze in staat is. Die eerste wyne is in 2017 gebottel en die eerste van hierdie kleinvolume- en beperkte wyne is vanjaar bekend gestel.

Ses Project Z-wyne is bekend gestel en elkeen het 4½ sterre en meer in vanjaar se Platter-gids ontvang. Die vyfster wenners in hierdie reeks is die Project Z Chenin Blanc 2018, Grenache 2017 en Syrah 2017.

Op die Old Mutual Trophy Wine Show is die Kleine Zalze Vintage Brut Cap Classique 2013 uitgesonder met die trofee vir die Best Sparkling Wine en die Kleine Zalze Family Reserve Chenin Blanc 2018 met die Harold Eedes-trofee vir die Best Chenin Blanc.

By die Michelangelo International Wine & Spirits Awards  het die wynkelder platinum vir die Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019 ontvang – een van slegs 24 inskrywings wat dit kon behaal – en ook dubbel goud vir die Kleine Zalze Vineyard Selection Sauvignon Blanc 2019.

Ses goue medaljes is ook aan Kleine Zalze toegeken vir die Vineyard Selection Chenin Blanc 2019, Kleine Zalze Cellar Selection Cabernet Sauvignon 2018, Kleine Zalze Family Reserve Shiraz 2016, Kleine Zalze Vineyard Selection Shiraz 2017, Kleine Zalze Cellar Selection Chardonnay 2020 en die Kleine Zalze Cellar Selection Chenin Blanc Bush Vines 2020.

By die uitgelese Concours Mondial de Bruxelles in September – een van Europa se gesaghebbendste kompetisies – is die Kleine Zalze Vineyard Selection Chenin Blanc 2019 bekroon as Suid-Afrika se top presterende wyn en met Grand Gold beloon. Die kelder het ook ’n verdere drie medaljes hier ingepalm. 

Besoek www.kleinezalze.co.za of stuur ’n epos aan quality@kleinezalze.co.za vir meer inligting. Die landgoed is ook op Twitter @kleine_zalze en Facebook (https://www.facebook.com/kleinezalzeofficial).

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>