Kaapse Wynmakersgilde stel ‘wynskatkis’ ten toon

Gaan op ‘n ontdekkingsreis van skaars en uitsonderlike wyne op die “vertoonkas” van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde wat op Donderdag, 16 Augustus, in Kaapstad en Woensdag, 22 Augustus, in Johannesburg plaasvind.

 

Dié unieke proe-ervaring is oop vir die publiek en gee aan wynentoesiaste die perfekte geleentheid om hierdie versamelaarwyne te proe en met van Suid-Afrika se top wynmakers te gesels. Hierdie wyne word in klein volumes spesiaal vir die jaarlikse veiling van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde geskep. Die veiling vind op Saterdag, 29 September, plaas.

 

Met meer as 33 jaar se wynmaakvernuf is die veilingwyne veral gesog danksy hul kreatiewe aanslag en volhoubare gehalte. Die “vertoonkas” gee wynliefhebbers die geleentheid om hierdie uiteenlopende wyne, asook van die gilde-lede se keldertrotse, te ervaar tydens ‘n interaktiewe proe wat die wynmakers self aanbied.

 

Besoekers kry ook die geleentheid om ‘n bydrae te lewer tot die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde se Ontwikkelingstrust deur te bie op skaars bottels van vorige veilings tydens ‘n “stil”veiling. Die Ontwikkelingstrust is in 1999 gestig en poog om jong talent in die wynbedryf op te lei en te bemagtig. Dit sluit onder meer die gilde se protégé-program, ‘n mentorskapskema vir opkomende wynmakers en wingerdboukundiges, in.

 

“Vertoonkas” van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde in Kaapstad

Donderdag, 16 Augustus

Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) – Ballroom East (Eerste vloer)

18:00 – 21:00

R350 per persoon, wynglas ingesluit

Kaartjies is beskikbaar by www.webtickets.co.za

 

“Vertoonkas” van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde in Johannesburg

Woensdag, 22 Augustus

Die Atrium, Nedbank-hoofkantoor, Rivonia Weg135, Sandton

18:00 – 21:00

R350 per persoon, wynglas ingesluit

Kaartjies is beskikbaar by www.webtickets.co.za

 

Die veiling van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde vind op Saterdag, 29 September, vanaf 09:00 by die Spier-konferensiesentrum buite Stellenbosch plaas. Die veiling is oop vir die publiek. Telefoniese en gevolmagtigde bie-fasiliteite is beskikbaar vir diegene wat nie die veiling kan bywoon nie. Registrasie vir die veiling en VIP-ervaring sluit op Woensdag, 19 September.

 

Vir meer inligting en om kaartjies vir die VIP-ervaring by die veiling te koop, besoek www.capewinemakersguild.com, stuur ‘n epos aan info@capewinemakersguild.com of skakel 021 852 0408.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>