Kaapse Wynmakersgilde se protégés leef hul kreatiwiteit uit met wyn

Dis seker elke wynliefhebber se droom om een of ander stadium sy/haar eie wyn te maak, maar drome word nie altyd werklikheid nie. As jy egter deel van die protégé-program van die Kaapse Wynmakersgilde is, kan jy jou eie drome verwesenlik.

 

Die protégés in hul tweede jaar se skeppings lê tans veilig in die vate na die 2018-oes. Met die skep van hul eie wyne kry Morgan Steyn van Riversdal (middel op die foto), Gynore Fredericks van Malmesbury (links) en Elouise Kotze van Brackenfell (regs) die geleentheid om hul passie en kreatiwiteit uit te leef. Die maak van eie wyn is ‘n noodsaaklike deel van die tweede jaar van die gilde se Protégé-program.

 

Buiten die maak van hul eie wyne, word protégés ook blootgestel aan die voorbereiding van begrotings, produksieplanne en bemarkingsvoorleggings. Dít gee hulle waardevolle ondervinding en insig tot die hele wynmaakproses, vanaf die wingerd tot by die finale produk in die bottel.

 

Onder leiding van Morné Vrey by Delaire Graff maak Morgan Steyn ‘n wit versnit van sauvignon blanc en semillon. Hy hoop dat sy wyn aan ander die skoonheid van ‘n Bordeaux-styl wit versnit sal wys. Morgan se belangstelling in wyn het begin toe sy onderwyser oor dié bedryf in die Landbou-klas gepraat het. Dit was veral die taal van wyn wat sy belangstelling geprikkel het om hierdie beroep te volg.

 

Gynore Fredericks, met die leiding en kennis van Charles Hopkins by De Grendel, probeer haar hand aan ‘n pinot noir. Die geheime rondom die skepping van ‘n topgehaltewyn het haar aangemoedig om ‘n wynmaker te word.

 

Elouise Kotze, wat deel van Dewaldt Heyns se span by Saronsberg is, het gekies om viognier te maak nadat sy verlief geraak het op Rhône-druifsoorte toe sy ’n parstyd in Frankryk meegemaak het.

 

Die vooruitsig om hul eie wyn te maak wat ander kan geniet, is uiters opwindend en motiveer al drie die protégés. Van hul wyne sal in 2019 opgeveil word tydens galageleenthede in Johannesburg en Kaapstad, sowel as by die “stil veiling” wat by die jaarlikse veiling van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde plaasvind. Die opbrengs van hierdie geleenthede word terug geploeg in die Protégé-program wat die onwikkeling van toekomstige wynmakers en wingerdboukundiges ondersteun.

 

Die Kaapse Wynmakersgilde se Protégé-program is in 2006 gestig onder die beskerming van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde se Ontwikkellingtrust en gee aan voornemende wynmakers en wynboukundiges die geleentheid om sy aan sy saam met lede van die gilde te werk. Deur belowende individue op te lei, te ondersteun en te bemagtig om uitstekende wynmakers en wingerdboukundiges te word, speel die Kaapse Wynmakers Gilde se Protégé-program ’n aktiewe rol om die langtermyn-gesondheid en volhoubaarheid van die wynbedryf te verseker.

 

Vir meer inligting , skakel 021 852 0408 of stuur ‘n epos aan info@capewinemakersguild.com, of besoek www.capewinemakersguild.com.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>