Journey’s End stel eerste Cap Classique bekend

Journey’s End Vineyards teen die hange van die Helderberg buite Somerset-Wes het hul heel eerste Cap Classique bekend gestel. Die Methóde Cap Classique Brut Reserve Cuvée NV vier ook die wynplaas se 25ste bestaansjaar.

Die Journey’s End-span het ten nouste saamgewerk met die bekende Grier-familie van Villiera. Hul vonkelwyn is gemaak uit al drie die tradisionele druifsoorte, naamlik chardonnay, pinot noir en pinot meunier.

Die druiwe is vroeg in die seisoen gepluk en die trosse is baie sag fyn gedruk volgens ’n gespesialiseerde Champagne-parsprogram. Slegs die beste cuveé is gebruik in die versnit en gis en suiker is bygevoeg vir die tweede gisting in die bottel wat 6 weke geduur het. Die Cap Classique is daarna sowat 18 maande op die gismoer gelos wat tekstuur en kompleksiteit van geur meegebring het.

Hierdie sjampanje vertoon lewendige geure van sitrus en peer wat gekomplementeer word deur gebeekte amandels en sweempies romerige beskuit. Dis volrond en kompleks, goed gebalanseerd deur ’n vars pittigheid as gevolg van die natuurlike suur en delikate vrugte.

Bedien die Journey’s End Méthode Cap Classique Brute Reserve Cuveé NV verkil en geniet dit op sy eie of saam met oesters.

Journey’s End se MCC Brut Reserve Cuveé NV kos R198 by die proelokaal, en is ook aanlyn beskikbaar by https://shop.journeysend.co.za/

Vir meer inligting, skakel 021 858 1929 of stuur ’n epos aan info@journeysend.co.za, of besoek http://www.journeysend.co.za/

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>