Jongste oesjaar van Constantia Glen se keldertrots reeds internasionaal toegejuig

Die 2015-oesjaar van die Constantia Glen FIVE, dié bekroonde boetieklandgoed se Bordeaux-versnit, het op die internasionale verhoog skoonskip gemaak met ’n platinum medalje en hope lof deur vooraanstaande, internasionale wynkenners.

Die Constantia Glen FIVE 2015 het by die toonaangewende Decanter World Wine Awards in Londen koning gekraai met ‘n platinum medalje en ’n uitstekende telling van 97/100! Dit is een van slegs ses wyne wat platinum kon losslaan uit die 565 Suid-Afrikaanse wyne wat vanjaar ingeskryf is.

Die wyn het ook in die VSA sy plek in die kollig ingeneem met 91 punte toegeken deur die hooggeagte wynkenner, James Molesworth van Wine Spectator. Hy beskryf die versnit as “aanloklik“ en “‘n lieflike koelklimaat-uitbeelding“.

Hierdie versnit vang die aandag met gekonsentreerde sweempies sederhout en grafiet, terwyl een draai van die glas aanloklike blom- en gedroogte kruiegeure ontbloot. Die versnit van 33% cabernet franc, 19% cabernet sauvignon, 18% petit verdot, 17% merlot en 13% malbec is noukeurig geskep uit die landgoed se eie wingerde en toon ‘n keurspel van pikante geure met ‘n lewendige kern van cassis en swartkersies. Hierdie boeiende wyn is vir 18 maande in 75% nuwe en 25% tweedevul- Franse eikehoutvate verouder.

“Die oorheersing van die cabernet franc maak hierdie oesjaar besonders lekker. Die uitstekende 2015-oesjaar met sy effens warmer rypwordomstandighede as gewoontlik het ongelooflike cabernet franc uit ons wingerde opgelewer. Dit was vir ons vanselfsprekend om dit in hierdie weergawe van die FIVE te beklemtoon. Die wyn is beheersd met lewendige varsheid, noukeurigheid en lengte,“ sê die wynmaker, Justin van Wyk.

Die Constantia Glen FIVE 2015 is direk by die wynlandgoed sowel as fynproewerrestaurante en boetiekwynwinkels beskikbaar. Dit kos R420 per bottel by die kelder.

Constantia Glen se proekamer is oop vanaf 11vm tot 6nm van Sondag tot Donderdag en vanaf 11vm tot 8nm op Vrydae en Saterdae.

Skakel 021-7955639 of stuur ‘n epos aan reservations@constantiaglen.com vir meer inligting, besoek www.constantiaglen.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>