Jongste oesjaar van Constantia Glen FIVE loop oor van elegansie

Geniet die elegansie, gematigdheid en kompleksiteit van die langverwagte 2013-oesjaar van die Constantia Glen FIVE.

 

Dié rooiwyn is ‘n bekoorlike uitbeelding van die vyf Bordeaux-kultivars wat deur die unieke ligging van die wingerde net onder Constantia Nek teen die hange van Constantiaberg gevorm word. Die 2013-oesjaar – met sy kern van digte, donker vrugtegeure – is ‘n noukeurige versnit van 29% cabernet sauvignon, 29% cabernet franc, 20% merlot, 16% petit verdot en 6% malbec. Hierdie komplekse versnit is vir 19 maande in 80% nuwe en 20% tweedevul- Franse eikehoutvate verouder.

 

Die Constantia Glen FIVE 2013 verlei met komplekse geure van ryp, donker vrugte soos pruim, swartbessie en kersie. Hierdie mengelmoes geure word gebalanseer deur warm sweempies sederhout en grafiet, voor die volronde afronding met hope tekstuur op die tong baljaar om jou gereed te maak vir die volgende mondvol.

 

Constantia Glen se wynmaker, Justin van Wyk, beveel die 2013 Constantia Glen FIVE aan saam met romerige sampioen-risotto met swartpeper en salie, óf Marokkaanse tagine-styl lamsvleis met geroosterde eiervrug en vars koljander.

 

Die Constantia Glen FIVE 2013 het reeds skoonskip gemaak in Tim Atkin se 2017-verslag oor Suid-Afrikaanse wyn met nie minder nie as 94 punte. Op die plaaslike front spog die 2013-oesjaar met 4½ sterre in Platter se Suid-Afrikaanse Wyngids.

 

Die Constantia Glen FIVE 2013 is direk by die wynlandgoed, sowel as by fynproewer-restaurante en boetiekwynwinkels beskikbaar. Dit kos R370 op die landgoed.

 

Vir enige navrae of meer inligting, skakel 021-795-5639 of besoek www.constantiaglen.com.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>