Jongste Grande Provence Chardonnay ’n ware uitbeelding van Franschhoek-elegansie

Die kern van die Grande Provence Chardonnay 2017, die jongste bekendstelling deur hierdie bekende wynlandgoed, weerspieël elegansie met hope karakter eie aan Franschhoek.

 

Onder leiding van die wynmaker, Hagen Viljoen, het Grande Provence met hierdie wyn ’n nuwe styl van chardonnay geskep wat meer vrugtig, vars en effe gehout is.

 

“Ons 2017-oesjaar is geskep in ’n styl wat op terrior fokus vir ‘n groter uitdrukking van vrugtigheid en varsheid teenoor ons ryker en swaarder gehoute wyne van vorige oesjare. Die kenmerkende Franschhoekse karakter van suurlemoenagtige sitrusgeure word in die wyn uitgelig, terwyl vanielje-eikehout en ’n delikate suur hope lengte en balans aan die wyn verleen,” sê Viljoen.

 

Die wyn is uit Franschhoek-druiwe geskep wat noukeurig in die koeler Robertsvlei-vallei versorg is. Dansky die stadige rypwordproses is beter geurontwikkeling en suurbehoud opgesluit in die wyn.

 

Die Grande Provence Chardonnay 2017 bars uit sy nate met gekonsentreerde vrugtegeure gevolg deur ’n pragtige balans van vrugte en hout wat speel op die tong. Die wyn het sy finesse en talmende, romerige afronding te danke aan 11 maande se veroudering in ’n kombinasie van eerste-, tweede- en derdevul- Franse eikehoutvate.

 

“Die wyn is perfek om nou te geniet, maar kan ook gebêre word vir ’n verdere twee tot drie jaar onder ideale keldertoestande,” sê Viljoen. Hy geniet graag die wyn saam met gerookte vis of romerige seekosdisse. Dit is ook lekker saam met geroosterde vark of hoender.

 

Die Grande Provence Chardonnay 2017 is teen R155 beskikbaar by die Grande Provence-proekamer, en kan ook gekoop word by toonaangewende wynwinkels en fynproewer-restaurante. Vir ekstra gerief kan jy die wyn aanlyn bestel by www.grandeprovence.co.za. Aankope van 12 bottels of meer sal enige plek in Suid-Afrika gratis afgelewer word.

 

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>