“Nie alle wyne is veronderstel om met ouderdom te verbeter nie. Die meeste word gemaak om markgereed te wees sodra dit gebottel is,” sê Delheim se wynmaker, Roelof Lotriet. “Delheim se ‘ou wêreld-erfenis’ word gereflekteer in ons meer klassieke aanslag en die rede hoekom ons gebalanseerde portefeulje ‘vriendelike’ wyne van gehalte wat net beter en beter word met ouderdom.”
Versamelaars kan hul tande slyp vir ’n Delheim-trio wat die “droogte” van die Covid-19-inperking finaal sal breek – ’n rooie, ’n witte en ’n soete – elkeen ’n Stellenbosse ikoon in eie reg. Twee van dié wyne, die Vera Cruz Pinotage 2017 en die Edelspatz 2019, het pas 95/100 in die Britse wynkenner, Tim Atkin MW, se South Africa Special Report 2020 behaal. Laasgenoemde wyn is ook onder die Top 10 wat uitgesonder is in Winemag.co.za se onlangse Prescient Dessert Wine Report. Die derde lid van hierdie uitsoekgeselskap is die ewe indrukwekkende Chardonnay Sur Lie 2019 met sy uitmuntende verouderingspotensiaal.
Vera Cruz Pinotage 2017 (voor-bekendstelling)
Dit is die jongste oesjaar van hierdie wyn en slegs as ’n voor-bekendstelling beskikbaar. Die Vera Cruz word nét in jare gemaak waarin uitsonderlike gehalte in die wingerd bereik word. Dis ’n enkelwingerd-uitdrukking wat veronderstel is om die beste wat Delheim kan bied, ten toon te stel. Die druiwe vir die wyn kom uit ’n uitgesoekte deel van Delheim se Vera Cruz-wingerd.
“Die wyn is dieprooi in kleur en bied geure van ryp, donker vrugte en blomme met skeutjies spesery en mokka,” sê Roelof, en voeg dan by: “Dis volrond met ’n oordadige tannien-struktuur, sappige smaak wat met noukeurige veroudering van tot 10 jaar sal beloon.”
Edelspatz 2019
Die Edelspatz is een van Suid-Afrika se mees geliefde wyne wat sy reputasie oor baie jare verewig het. Van aanstaande jaar af sal die wyn deel word van die Old Vine Project (OVP), die Suid-Afrikaanse inisiatief om wyne wat van wingerde ouer as 35 jaar gemaak word. Die blok weisser riesling waarvan die wyn gemaak word, is in 1985 geplant en lewer een van die uitsonderlikste edellaatoeswyne in die land. Dit sal ook die eerste riesling-wingerd wees wat by die OVP geregistreer word.
Ook hier word die wyn net gemaak as die toestande gunstig is. Vir die 2019-oes is die druiwe sorgvuldig uitgesoek, heeltros gepars en in Franse eikehoutvate gegis het, en toe vir nege maande verouder is.
“Dit was een van die beste edellaatoesvrot in meer as ’n dekade en die wyn toon klassieke botrytis-eienskappe in die neus, wat gekomplementeer word deur kanferfoelie, gedroogde perskes en marmelade,” sê Roelof. “Die wyn vertoon die perfekte balans tussen suiker en suur, en het lae helder vrugte en lemoenbloeisel.
“Geniet nou of bewaar in jou kelder vir tot 30 jaar.”
Chardonnay Sur Lie 2019
Die Chardonnay Sur Lie word teruggehou vir bykomende bottelveroudering voor dit bekend gestel word. Die 2019-oesjaar is die jongste van hierdie wyn en dis ongetwyfeld geskik om vir nog vyf jaar te verouder. Die druiwe is ook met die hand gepluk en heeltros gepars. Die sap is in Franse eikehoutvate gegis – ’n kombinasie van 500ℓ- en 225ℓ-vate, met 15% nuwe hout. Die wyn is vir nege maande op die gismoer gelaat – die tegniek waaraan die wyn sy naam te danke het – voor dit versny en gebottel is.
In die glas lewer dit aromas van vars appels, sitrus, steenvrug en kweper, met subtiele nuanses eikehout. Dit dra deur tot die gestruktureerde smaak.
“Elegant en goed gebalanseerd, met ’n mineraalagtigheid op die einde,” sê Roelof.
Die wyne is beskikbaar by vooraanstaande handelaars en restaurante landwyd, sowel as by Delheim se aanlyn-winkel by https://www.delheim.com/shop-online/. Aflewering is gratis vir bestellings van meer as R1 200.
Die voorgestelde kleinhandelprys vir die Chardonnay Sur Lie 2019 is R195, R470 vir die Vera Cruz Pinotage 2017 en R310 vir die Edelspatz 2019 (375ml).
Vir meer inligting, skakel 021 888 4600 of stuur ’n epos aan info@delheim.com, of besoek www.delheim.com.
EINDE