Jack Coetzee blaas nuwe lewe in Quoin Rock se Gåte-restaurant

Gåte at Quoin Rock het ’n nuwe konsep in fynproewerkos bekend gestel wat deur sy nuwe hoofsjef, Jack Coetzee, verpersoonlik word. Hierdie nuwe hoofstuk vir die restaurant sal nie net fokus op plaaslike bestanddele uit die area nie, maar op bestanddele wat op die landgoed self gevind word. Sodoende sal ’n unieke fynproewerervaring met kos en wyn as pasmaats geskep word. Die spyskaart, wat beloof om die sintuie op ’n kulinêre reis te vat, sal bly ontwikkel en die kulinêre span se visie weerspieël van wat hulle na die tafel bring en hoe dit op die bord geïnterpreteer word.

Getrou aan Quoin Rock se filosofie van innovasie, word Jack se konsep by Gåte (uitgespreek gahtey) gebou rondom die skep van disse wat die unieke geure van sy omgewing omhels. Dit wissel van fynbos, rou heuning en Waygu-beesvleis tot die veelvuldige vars kruie en groente uit die Quoin Rock-kwekery, en is ’n viering van alles plaaslik en iets wat Jack beskryf as “mikro-terroir-kookkuns”. Nes wyn deur terroir beïnvloed word, word kos se bestanddele ook.

Jack (regs) se diepgewortelde passie vir die kookkuns en die skep van kulinêre kunswerke het reeds op ’n jong ouderdom begin. Nadat hy sy kinderjare op ’n plaas in Gweru in Zimbabwe deurgebring het, het Jack sy droom om ’n sjef te word, verwesenlik by die bekende Silwood Cooking School. Nadat hy afgestudeer het, het hy sy eerste pos by die veelbekroonde The Test Kitchen-restaurant gekry.

Sy uitdaging nou is om die “plaas-tot-tafel”-konsep aan gaste ten toon te stel. Dit is ’n uitdaging wat hom opgewonde maak aangesien hy daarin glo om getrou te bly aan die Quoin Rock-filosofie van innovasie. Hierdie kulinêre benadering vereis drie stappe wat die verskaffing van die beste plaaslike bestanddele en die toepassing van die korrekte tegnieke insluit. Die versoenbaarheid van die bestanddele is deel van die proses aangesien dit daardie twee of drie komponente is wat die hoofbestanddeel na die volgende vlak sal neem. Uiteindelik gaan dit alles oor die sogenaamde sjoe-faktor: uie as ’n nagereg, byvoorbeeld. Wat gaan mense aan die praat sit en laat terug kom? Hierdie driestap-proses is in lyn met Jack se kosfilosofie, naamlik om kos nie net smaaklik te maak nie, maar ook verrassend en innoverend, asook om mense stof tot nadenke te gee.

Soos Jack hierdie volgende hoofstuk op sy kulinêre reis aanpak, is hy opgewonde om Suid-Afrika se uiteenlopende aanbiedings aan gaste van Gåte ten toon te stel.

Quoin Rock gaan die restaurant op 19 November 2020 heropen. Gåte sal van Woensdae tot Saterdae vir middagete oop wees en Donderdae, Vrydae en Saterdae vir aandete. Besprekings kan regstreek op Quoin Rock se webblad gedoen word.

Vir meer inligting, besoek www.quoinrock.co.za. Volg Gåte op Instagram by gate_at_quoin_rock.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>