JAC Motors stel nuwe T8 2.0ℓ TCi-dubbelkajuit bekend na T6

Die T8 is die mees gevorder bakkie wat nóg deur JAC Motors in sy 58-jarige bestaan ontwikkel is. Die T8 2.0ℓ TCi word in China vervaardig en na meer as 40 lande uitgevoer.

Die nuwe, opvallende T8 2.0L CTi sal voortaan JAC Motors se aanslag op die vinnig groeiende ontspanningsmark vir dubbelkajuite lei. Die nuwe T8 2.0ℓ CTi is beskikbaar in sowel tweewiel- as vierwielaandrywing.

Die nuwe turbo-dieselenjin van twee liter lewer 104 kW @ 3 600 r/min en 320 Nm se wringkrag tussen 1 600 to 2 600 r/min. Die kragbron is gekoppel aan ’n sesgang-handratkas. Volgens die vervaardiger verbruik die voertuig 8,7ℓ/100 km in die gekombineerde siklus.

Veiligheid is deel van die DNA van JAC Motors, lui ’n verklaring, en die T8 bevat etlike aktiewe en passiewe veiligheidskenmerke.

Verder is die T8 gemik op gerief vir sy insittendes, met standard-toerusting soos lugversorging, leersitplekke, verstelbare stuurkolom, spoedbeheer, elektriese vensters en multi-funksie-stuurwiel. Daar is ook ’n truritkamera, parkeersensors en sentrale deursluiting.

Die T8 kom met ’n fabriekswaarborg van 5 jaar/150 000 km en ’n diensplan van 5 jaar/60 000 km. Versiening geskied elke 10 000 km.

Die voorgestelde kleinhandelspryse is:

  • T8 2.0L CTi 4×2 Lux: R412 400
  • T8 2.0L CTi 4×4 Lux: R462 400

Die T8 is beskikbaar in 6 kleure en ’n volledige reeks bybehore.

JAC Motors se T8 volg kort op die hakke van die bekendstelling van sy T6 wat met ’n beproefde turbo-dieselenjin van 1,9 liter en ’n vyfgang-handratkas toegerusis. Die enjin lewer 100 kW @ 3 600 r/min en 320 N.m se wringkrag tussen 2 000 en 2 600 r/min.

Die amptelike kleinhandelprys vir die T6 1,9ℓ TDi Comfort is R332 400 wat ’n fabriekswaarborg van 5 jaar/150 ooo km insluit, asook ’n diensplan van 5 jaar/60 000 km.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>