‘Italiaanse’ somers wag by die Terra del Capo Antipasti Bar

La dolce vita is ’n Italiaanse uitdrukking wat die goeie lewe beteken. Anthonij Rupert Wyne in die Franschhoek-vallei bied besoekers hierdie somer ’n voorsmaak van la dolce vita met ’n Italiaans-geïnspireerde fees by sy Terra del Capo Tasting Room & Antipasti Bar.

In ’n natuurskone omgewing, en om die seisoen se heerlike dae te vier, bied Anthonij Rupert Wyne besoekers ’n al fresco-ervaring in die skadu van olyfbome in die kleurvolle tuin buite die Antipasti Bar. Die smaakvolle disse en heerlike wyne, geniet in ’n asemrowende omgewing, sal gaste ’n ware gevoel van la dolce vita gee!

Hierdie somer se seisoen-geïnspireerde spyskaart sluit ’n keur van kontemporêre en tradisionele antipasti-borde in. Die spyskaart bied egte Italiaanse smake en geure met vars produkte uit die Kaapse wynlande, en gaste kan kies uit vegetariese, seekos- en vleis-antipasti, of kies ’n bord of twee van handgemaakte kaas en charcuterie.

Die vegetariese opsies sluit ’n kraakvars slaai met ricotta crostini in, asook truffel- en polenta-skyfies wat die mond sal laat water en ’n verfrissende waatlemoenslaai met piekeluie, radys en lemmetjiesout.

Vir visliefhebbers is daar die gerookte Franschhoek-forelslaai bedien met vinkel, appel en beet en bedrup met ’n vinaigrette van heuning en appelsider, ideaal vir ’n warm somersdag. Die sjef, HW Pieterse, se tuisgemaakte salsiccia-worsies en sy bresaola gemaak van Black Angus-beesvleis is ’n absolute MOET!

En geen maaltyd is natuurlik volmaak sonder ’n soet einde nie, en hier sal besoekers weer eens nie teleur gestel word nie.

As jy ’n “ligter” kulinêre reis na Italië wil neem, is die Terra del Capo Tasting Room se gewilde Italiaanse kaas-en-wyn- en shiraz-en-charcuterie-kombinasies nommerpas om jou van internasionale bestanddele en die beste geurkombinasiers te leer, alles terwyl jy jou tong op ’n wonderlike reis vat.

Die Terra del Capo Tasting Room & Antipasti Bar is van Dinsdag tot Sondag oop van 10vm tot 4:30nm. Voorafbespreking is noodsaaklik en kan gedoen word by 021 874 9041.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>