Is jy merlot of is jy syrah?

Is jy meer soos pinot noir of eerder syrah? Watter wynkultivar pas die beste by jou persoonlikheid?

IS JY ’N EKSTROVERT?

 BUIGSAAM, VERDRAAGSAAM, PRAGMATIES – Jy is malbec

Jy is buigsaam en kan byna enigiets wat jou kant toe gegooi word, hanteer. Jy hou van onmiddellike oplossings vir werklike problem en jy los hulle energiek op. Jy het ’n byna ongelooflike vermoë om ander se gevoelens waar te neem. Jou fokus is op die nou en teorieë en konsepsuele idees verveel jou. Jy is spontaan en geniet die mense rondom jou van oomblik tot oomblik. Jou leerstyl: jy moet dit doen om dit te ken. (Gebaseer op Myers-Briggs ENFP.)

SPONTAAN, UITBUNDIG, AANVAARDEND – Jy is zinfandel

Jy is spontaan en vriendelik. Om die waarheid te sê, jy is uitbundig in jou liefde vir die lewe, materiële dinge en mense. Jy hou daarvan om met ander te werk en sien dinge baie realisties. Werk moet pret wees anders sal jy die nie doen nie. Jy is spontaan en pas vinnig by nuwe situasies aan. Jy hou daarvan om dinge in ’n groep te leer. (Gebaseer op Myers-Briggs ENFP.)

UITGESPROKE, VINDINGRYK, GOED OM ANDER TE LEES – Jy is sangiovese

Jy is die uitgesproke een in die vertrek, maar jou waaksaamheid maak dat jy aandag gee en ander goed lees. Jy is verveeld met roetine en doen dinge selde op dieselfde manier. Jy is vindingryk en los probleme op deur ’n rits konsepsuele moontlikhede te genereer. Jy is geneig om haastig deur dinge te draf en ontwikkel nuwe belangstellings vinnig. (Gebaseer op Myers-Briggs ENFP.) 

REALISTIES, BESLISSEND, GEORGANISEERD – Jy is tempranillo

Jou feitelike en realistiese benadering tot die lewe help jou om vinnig besluite te neem. Jy’s ’n organiseerder en dikwels goed in ’n bestuursposisie. Jy hou van roetine en logika. Jy is baie sistematies in jou benadering tot dinge en haat dit as mense jou onkant vang. (Gebaseer op Myers-Briggs ENFP.) 

HULPVAARDIG, KONSENSIEUS, LOJAAL – Jy is grenache

Jy is dierbaar, goedhartig en hulpvaardig en soek net harmonie om jou. Jy hou daarvan om met ander te werk om dinge betyds gedoen te kry en jy’s lojaal, selfs al gaan dit oor klein goedjies. Jy hou daarvan om uit te vind wat vir mense belangrik is en om ander met hul daaglikse lewens te help. Jy wil graag waardeer word vir wie jy is en hoe jy bydra tot jou omgewing. (Gebaseer op Myers-Briggs ENFP.) 

EMPATIES, VERANTWOORDELIK, DIENSVAARDIG – Jy is merlot

Jy is die verantwoordelike een. Jy gee aandag aan ander se behoeftes, emosies en motiewe en jy tree op as ’n katalisator om dinge gedoen te kry. Jy’s sosiaal, byna ’n fasiliteerder, in ’n groepsituasie. Jy is ’n leier, maar jy doen dit deur potensiaal in die mense rondom jou te vind. (Gebaseer op Myers-Briggs ENFP.) 

BESLISSEND, SISTEMATIES, ’N LEIER – Jy is nebbiolo

Jy is ’n natuurlike leier. Jy los probleme beslissend op (en soms sonder om doekies om te draai) met die doel om logiese doeltreffendheid te verbeter. Jy is ’n idee-mens, jy kan omvattende stelsels bou wat komplekse, organisatoriese problem oplos. Langtermynbeplanning en doelstelling is sleutelwoorde vir jou. Jy’s wel belese, goed ingelig en jy geniet dit om jou kennis met ander te deel … al is jy effe kragtig in jou kommunikasie. (Gebaseer op Myers-Briggs ENFP.)

IS JY ’N INTROVERT? 

STIL, ERNSTIG, WERK LOGIES NA DOELE – Jy is barbera

Jy is ’n stil, ernstige tipe wat baie betroubaar en deeglik is. Jou aandag word nie maklik afgelei nie. Jou feitelike benadering help jou om logiese besluite te neem en hou dinge netjies. Jy is nogal erg oor tradisies en orde – tuis, by die werk en in die lewe. (Gebaseer op Myers-Briggs INFP.)

KWV The Mentors Petit Verdot 2012

STIL, VRIENDELIK, LOJAAL – Jy is petit verdot

Jy is ’n stil en pligsgetroue persoon, selfs al neem mense nie onmiddellik kennis van jou nie. Om die waarheid te sê, jy maak seker dat alles wat jy doen pynlik akkuraat is. Jy respekteer die klein groepie mense in jou lewe deur in groot detail te onthou wat vir hulle belangrik is. Jy wil harmonie skep in die wêreld waarin jy leef. (Gebaseer op Myers-Briggs INFP.)

INSIGRYK, PLIGSGETROU, IDEALISTIES – Jy is syrah

Jy maak konneksies met idees en hul verhoudings met mense en die wêreld. Jy hou daarvan om te weet wat mense dryf en jy’s hoogs insigryk oor ander. Jy is verbind tot ’n sterk stel persoonlike waardes wat jou help in alle lewensbesluite. Jy is georganiseerd en beslissend met die implementering van jou idees. (Gebaseer op Myers-Briggs INFP.)

GEDREWE, ONAFHANKLIK, HOË STANDAARDE – Jy is cabernet sauvignon

Jy sien vinnig die patrone raak wat die wêreld dryf en jy’t die vermoë om dinge te laat gebeur. Hierdie soort “groot prent”-denkwyse is ’n obsessive van jou. Wanneer jy gemotiveer is, kan jy baie komplekse take en visionêre idees organiseer en uitvoer. Omdat jy jouself hard uitdaag, stel jy baie hoë standaarde vir ander in jou sfeer. Ondanks al hierdie begrip het jy nie ’n groot vriendekring nie want die meeste mense irriteer jou. (Gebaseer op Myers-Briggs INFP.)

VERDRAAGSAAM, BUIGSAAM, STILLE WAARNEMER – Jy is mourvedre

Jy is ’n stille waarnemer totdat ’n probleem opduik en dan kom jy uit jou dop en tree vinnig op om realistiese oplossings te vind. Jy het ’n buitengewone vermoë om groot, komplekse volumes data te ontleed en uit te werk wat dit alles beteken. Jy stel baie belang in oorsaak en gevolg en kyk altyd na die feite en logiese beginsels om probleme op te los. Omdat jy so daarin belang stel om te sien hoe dinge werk, stel jy nie juis belang om die katalisator te wees wat hulle maak werk nie. (Gebaseer op Myers-Briggs INFP.)

IDEALISTIES, LOJAAL, IEMAND WAT VERSTAAN – Jy is cabernet franc

Jy weet jy is ietwat idealisties, maar hierdie feit dryf jou om jou wêreld uitsonderlik te maak. Jy is baie nuuskierig in die omgewing rondom jou en jy is baie goed om idees te implementeer wat “groter prent”-probleme oplos. Jy is dikwels die persoon wat potensiaal in ander raak sien. Jy pas maklik aan by feitlik enige scenario behalwe as dit teen jou kernwaardes gaan, wat irriterend is. (Gebaseer op Myers-Briggs INFP.)

GEFOKUS, SKEPTIES, ’N ABSTRAKTE DENKER – Jy is pinot noir

Die meeste dinge verveel jou, maar wanneer dit jou belangstelling vang, ontwikkel jy vinnig logiese verduidelikings oor hoekom hulle werk. Jy hou baie meer van teorieë en abstrakte idees as van sosialisering. Jy is stil en beheers, selfs al is jy effens krities van mense rondom jou. Jy is ’n teksboekvoorbeeld van ’n skeptiese mens. Jy is baie analities wanneer dit by die oplos van probleme kom. (Gebaseer op Myers-Briggs INFP.)

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>