Internasionale sege vir Zonnebloem

Date posted:
October 28, 2009

Zonnebloem se weelderige Shiraz Mourvèdre Viognier 2006 het oorsee uitgeblink deur 'n goue medalje in te palm en aangewys te word as die beste in sy klas by vanjaar se International Wine & Spirits Competition (IWSC) in Londen.

 

Dié wenwyn, wat gemaak is van klassieke druifsoorte wat geassosieer word met die legendariese Rhône-wynstreek in Frankryk is 'n ryk versnit van 83% shiraz-, 12% mourvèdre- en 5% viognier-druiwe. Die Zonnebloem Shiraz Mourvèdre Viognier 2006 was een van slegs 10 Suid-Afrikaanse wyne om met 'n goue medalje bekroon te word en as beste in hul klas uit te staan by hierdie strawwe kompetisie waar slegs 5,5% van die deelnemende wyne goud gewen het.

 

“Die robynrooi wyn loop oor met aromas van ryp bessies en pruime in die neus, met ‘n sweempie van eikehoutspeserye, terwyl die smaak vol en weelderig is met ‘n komplekse vermenging van bessiegeure, sagte tanniene en goed saamgestelde houtgeure,” is hoe die rooiwynmaker, Bonny van Niekerk, haar bekroonde Rhône-versnitwyn beskryf.

 

Waardeer hierdie rooiwyn op sy eie of bedien dit saam met wildsvleis of rooivleisdisse.

 

Die Zonnebloem Shiraz Mourvèdre Viognier 2006 is teen ongeveer R65 per bottel by voorste wynhandelaars landwyd verkrygbaar.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram