Internasionale lugdiens lys Durbanville Hills-wyne

Date posted:
November 25, 2009

 

Wanneer jy weer met Sri Lanka se lugdiens reis, hou jou oë oop vir Durbanville Hills se Rhinofields Sauvignon Blanc en Merlot wat albei onlangs by die lugdiens se reeds indrukwekkende wynlys gevoeg is.

 

Hierdie wyne sal van vandeesmaand af op alle internasionale vlugte bedien word wat uit Colombo vertrek.

 

Volgens Jackie Olivier, handelsmerkontwikkelingsbestuurder, is die insluiting van die vlagskip-reeks se wyne ’n natuurlike uitvloeisel van die toenemende beskikbaarheid van Durbanville Hills se wyne by groot lughawens.

 

“Ons Rhinofields-reeks is baie gewild in die buiteland en daarom is hierdie insluiting ’n welkome toevoeging. Die wyne word gemaak deur die druiwe van ’n paar uitsoekwingerde wat mekaar komplementeer, te kombineer en die gevolg is wyne van uitsonderlike gehalte en geure. Dit en die feit dat die Rhinofields-reeks die bewaring van die bedreigde renosterveldplantegroei, wat naby die kelder op lede se plase groei, ondersteun, vergroot die vraag na die wyne.”

 

 

Links: Rhinofields Sauvignon Blanc.

 

Renosterveld is een van die drie belangrikste plantgemeenskappe waaruit die Kaapse Blommeryk, die kleinste van die wêreld se erkende blommeryke maar ook die rykste in terme van diversiteit, bestaan. Dit is ook die tuiste van talryke voël- en reptielspesies.

 

Durbanville Hills, ’n geakkrediteerde lid van die Biodiversiteits- en Wyn-inisiatief (BWI), se ledeplase is almal in die Weskus-renosterveld geleë en meer as 210 hektaar is reeds vir bewaring geïdentifiseer, wat ook die gereelde uitwissing van indringerplante insluit.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram