Alchemy of Gold se versameling spesialisbrandewyne het by vanjaar se voorste Europese uitstalling, die Concours Mondial de Bruxelles, puik gevaar en twee goue en vier silwermedaljes ingepalm om by sy reeds indrukwekkende rits pryse te voeg.
“In die huidige tyd wanneer mense baie seker wil wees dat hul geld goed bestee word, is lof op só ’n hoë vlak vir brandewynliefhebbers ’n baie bemoedigende teken,” sê Siobhan Thompson, Alchemy of Gold se woordvoerder.
Die goue medaljes is toegeken aan die Van Ryn’s 12 Year Old Distillers Reserve (’n tweemalige wenner van die International Wine & Spirit Competition se trofee vir die beste brandewyn ter wêreld en verlede jaar se wenner van die trofee vir die beste brandewyn tydens die International Spirits Challenge), en aan ’n betreklike nuweling, naamlik die Oude Meester Demant. Laasgenoemde brandewyn, wat verlede jaar bekend gestel is, is glad en vriendelik, met ’n merkwaardige suiwer smaak, en het volgens Thompson sowel groot lof as geesdriftige steun van verbruikers ontvang.
“Van Ryn’s demonstreer jaar na jaar die bestendigheid van sy prestasies wanneer hy sonder versuim, en ongeag die kompetisie, op ? internasionale verhoog beoordeel word. Ons is ook baie trots daarop dat die Oude Meester Demant sulke erkenning kry.”
Die silwermedaljes is deur die Van Ryn’s 10 Year Old Vintage Brandy en die Van Ryn’s 15 Year Old Fine Cask Reserve verower, asook deur die Klipdrift Gold en die Nederburg Solera Potstilled.
Die Concours Mondial is aanvanklik in Brussels aangebied, maar reis tans na verskeie Europese stede. Vanjaar was Valencia in Spanje die gasheer. Die kompetisie, wat inskrywings van orals ter wêreld lok, behels beoordelaars uit veertig lande.
Links: Siobhan Thompson.
Al die brandewyne in die Alchemy of Gold-portefeulje is by spesialishandelaars, stylkroeë en fynproewerrestaurante te kry.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast