Ikoniese Allesverloren vier 150ste bestaansjaar

Die ikoniese Allesverloren-wynlandgoed by Riebeek-Wes bereik vanjaar ’n geskiedkundige mylpaal, en vier dit sommer met ’n nuwe wyn!

Dit was 150 jaar gelede dat die Malan-familie die grond aangeskaf het. Fanie Malan, die vierde geslag op die plaas, het in 1972 die eerste wyn onder die Allesverloren-handelsmerk gemaak en sedertdien het Allesverloren van krag tot krag gegaan.

Wilhelm de Vries, Allesverloren se wynmaker, en Danie Malan (regs) in die kelder.

Om die geleentheid te vier, het Danie Malan, die vyfde geslag op Allesverloren, besluit om ’n spesiale portwyn die lig te laat sien om nie net die 150ste verjaarsdag te vier nie, maar ook as ’n huldeblyk aan sy pa. Die Fanie Malan Fine Old Vintage Reserve 2014 sluit by die landgoed se bekende en gewilde wynreeks aan en kos R499 per bottel.

Allesverloren is nie net bekend vir sy portwyn nie, maar ook vir sy rooiwyne van shiraz, cabernet sauvignon, touriga nacional en tinta barocca. Daar is ook ’n enkelwingerd-muskadel in die reeks, asook die vlagskip Très Vermelhos, ’n versnit van drie rooi kultivars, en die unieke Tinta Rosé, ’n rosé-versnit met tinta barocca as hoof-rolspeler.

Meer onlangs is ’n chenin blanc gemaak van druiwe uit bosstokwingerde by die reeks gevoeg.

Allesverloren se wyne is regoor die land beskikbaar, asook aanlyn by www.allesverloren.co.za. Vir meer inligting, skakel 022 461 2589 en bly in kontak by @allesverloren op Facebook en @allesverlorenwine op Instagram.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>