Hou op om hierdie 12 dinge oor wyn te sê!

Een of ander stadium op jou wynreis gaan jy op, sal ons maar sê, sekere mense afkom! Sekere mense wat sekere dinge kwyt raak oor wyn. Hulle gaan probeer verfynd voorkom, maar ons almal weet hoe hulle werklik voorkom. Laat hulle maar hul slimmighede kwyt raak. Kry hulle stilweg jammer en wees tevrede om die high ground te beset.

1. “Ek drink net … /Ek drink nie …”

Daar is geen manier wat hierdie sin ooit goed eindig nie. Die wêreld van wyn is so groot! Daar is meer as 1 400 geïdentifiseerde wyndruifkultivars en duisende unieke wynstreke. Hoekom enigiemand homof haar wil beperk tot slegs ’n klein fraksie daarvan maak eenvoudig net nie sin nie. Miskien is dit nie so ’n groot ding nie en bevind hulle hulself in ’n wynfase … en besef dit nie eers nie!

2. “Dit word eintlik só uitgespreek …”

Om Alicante Bouschet, Gewürztraminer en Txakoli (of Txakolina) uit te spreek sonder dat jou tong knoop, is nogal oulik, maar wat eintlik baie ouliker is, is om mense nie op hul verkeerde uitspraak te wys nie. Het jy dit die eerste keer reg uitgespreek?

3. “Soet wyn? Hoe oud is jy, tien?”

Ons is volwassenes en volwassenes kan wyne soos Port, Muskadel, Edel-laatoes en Sauternes geniet want hierdie is soetwyne wat onder die mees komplekse en gesiene op die planeet gereken word. Jip, die wyne wat die meeste van ons op die wonderlike wynreis van ontdekking kry, is soet. Raak egter van daai “beginnersmentaliteit” ontslae want dessert- of gefortifiseerde wyne bly aan die bopunt van die wynpiramiede, maak nie saak hoe ver jy al op jou wynreis is nie.

4. “Aggenee, tog nie skroefdop nie. Gaan my verby.”

Die wyne van Australië en Nieu-Seeland gebruik vandag byna sonder uitsondering skroefdoppe. En albei maak wyn wat jou sokkies sal wegblaas! En skroefdoppe het reeds getoon dat hulle wyn uitstekend laat verouder. O ja, en jy hoef die bottels dan ook nie op hul sye te stoor nie! Die vraag is dus, hoekom weerhou jy jouself daarvan om puik wyne te proe en ervaar net omdat jy klou aan ’n misplaasde (dikwels snobistiese) voorkeur? Tsk tsk.

Leer meer oor die difference between corks and screw caps.

5. “Pssh. Witwyn word nie gemaak om te verouder nie.”

Goed, die meeste witwyne word nie gemaak om lank gehou te word nie (maar so ook nie die meeste rooiwyne nie). Wanneer mens egter by top wyne kom, soos Champagne, wit Bordeaux, wit Burgundy, wit Rioja, Italiaanse Soave en Duitse Riesling, om nie te praat van Suid-Afrikaanse wyne soos Chenin Blanc, Chardonnay, Riesling en sommige wit versnitte nie, vind jy dat hulle besonder ryk, kompleks en aanloklik raak met ’n bietjie tyd in die bottel.

6. “Ek drink nie #$&@ing Merlot nie!”

Oukei. Selfs vandag is dit steeds ’n snaakse fliektoneel en aanhaling. Wat egter nie snaaks is nie, is om van die wêreld se beste en mees bekroonde wyne sonder enige geldige rede af te maak. En wanneer die gesê word met verwysing na Sideways, gaan die ironie verlore op die spreker want Miles het gesmag na ’n bottel Chateau Cheval Blanc 1961, ’n Merlot-gedrewe versnit van St. Emilion. Sien? Selfs Miles hou van Merlot!

En as jy dit steeds sê, is dit tyd dat jy na nuwer films oor wyn kyk!

7. “Champagne is nie Champagne as dit nie uit die streek kom nie.”

Terwyl dit waar is dat Champagne slegs uit Champagne kan kom, het dit lank gelede reeds ’n universele woord vir vonkelwyn geword, veral vir nuwe toetreders tot die wynreis. Voordat jy hulle egter oorrompel met jou kennis, laat hulle eers proe en later leer. Die vonelwyn mag dalk net help om die leerproses te vergemaklik. Hulle sal daar uitkom … met so bietjie hulp van hul vrinne.

In Afrikaans mag ons natuurlik praat van sjampanje, hoewel ons eintlik Methode Cap Classique, MCC of Cap Classique bedoel.

8. “Mens pas rooiwyn NOOIT by vis nie.”

Ek reken ons praat namens pinot noir, gamay en beaujolais wanneer ons sê: “Excuse moi?”

Lees meer oor wyn met vis pasmaak by pairing wine with fish here.

1.       9. “Hoe weet jy dit smaak soos _______?”

“Het jy al ooit ’n bofbalhandskoen geproe? Seker nie.”

’n Kenmerkende geur van verouderde tempranillo, en een wat wêreldwyd deur wynkenners beaam word, is leer. Sit hierdie wynghoeroes en knaag aan bofbalhandskoene en leerbanke? Hopelik nie!

Ons moedig mense dikwels aan om nie net die wyn te proe nie, maar enigiets anders wat in die glas opgesluit lê, of dit nou groente, vrugte of minerale is. Dis die manier hoe mens jou wynkennis uitbrei en jou ervaring daarvan vermenigvuldig. Maar onthou, reuk het ’n reuse-impak op smaak. Vir dit wat ons nog nie geproe het nie, sal ons ’n ander sintuig gebruik om geure te identifiseer. Daardie sintuig is gewoonlik reuk.

10. “Proe jy nie al daai suur/tanniene nie? Goeiste, dis tog so opvallend.”

Eina pyne! Om primêre geure uit te ken, is reeds moeilik. Om te leer hoe om suur en tanniene uit te ken en beskryf, is ’n perd van ’n ander kleur. Wat doen produktiewe lede van ’n wynvereniging of –klub? Dis reg, aap jou ouma na. As iemand effe verlore lyk of dalk heeltemal uit die veld geslaan, help hulle diplomaties eerder as beterweterig wees en hulle verneder.

11. “Daar’s net een soort wyn, rooi!”

Sing gerus lofliedere vir rooiwyn. Ons sal saamsing. Kort op die hakke van lofliedere aan chenin blanc, chardonnay, viognier, wit versnitte … Almal is uitmuntend – op verskillende maniere.

12. “Hierdie wyn proe soos die mis voor die môreson wat teen die heuwels afvloei en in doudruppels op die lowergroen gras verander … “

Nie sleg vir ’n proenota nie, maar kom ons trap bietjie briek hier. Ons praat van wyn, nie die opvolg vir ’n Seder val in Waterkloof nie. Daar is eintlik geen verkeerde antwoord wanneer dit by smaak kom nie en dis belangrik om sensasies en gevoelens te onthou wanneer jy wyn geniet. Maar dis ewe belangrik om wynervarings uit te druk in iets wat gekwantifiseer kan word – werklike smake, werklike geure. Wyn is steeds ’n produk en elkeen het ’n spesifieke geur of geure wat (min of meer) gedefinieer kan word.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>