Holden Manz Big G 2009 'n toonbeeld van uitnemendheid

Date posted:
June 12, 2012

Holden Manz, die manjifieke boetiekwynlandgoed in Franschhoek en geleë tussen twee riviere met ‘n majestieuse uitsig op die berge, spog met 'n bekroonde Bordeaux-styl vlagskip, die Big G 2009. Met dieselfde trotse karakter as sy formidabele naamgenoot, Holden Manz se mede-eienaar, Gerard Holden, 'n voormalige chemiese ingenieur en mynbedryffinansier, geniet die Big G internasionale aansien met 'n goue Decanter-medalje, toegeken in Londen verlede jaar, op sy kerfstok.

 

Dié hoogsaangeskrewe versnit van cabernet franc (50%) en cabernet sauvignon (50%) is 'n uitstekende koswyn én 'n wenkombinasie saam met die sjef, Cheyne Morrisby, se Stille Oseaans-geïnspireerde varkpens by die Franschhoek Kitchen, geleë bo die Holden Manz-kelder. 

 

Vir Holden Manz se wynmaker, Schalk Opperman, is die Big G 'n perfekte pasmaat vir sy gunsteling- sappige biefstuk of vir 'n tradisionele braai met smaaklike lamtjops.  

 

Schalk beskryf die wyn as 'n ontploffing van bessievrugte en sagte, ryp tanniene, wat 'n wonderlik gebalanseerde versnit skep. “Die cabernet franc met sy sterk intensiteit van swart vrugtegeure en suur, tesame met die gebalanseerde tanniene en diepte van die cabernet sauvignon, word vervat in 'n komplekse, unieke wyn. Die nasmaak talm – die toonbeeld van 'n uitstaande wyn. Indien korrek gekelder, sal die wyn 'n opwindende drinkervaring vir die volgende tien jaar wees.

 

Die Holden Manz Big G 2009 is beskikbaar by boetiekwynwinkels en restaurante en kos R145 by die kelder.

 

Die Holden Manz-proekamer is daagliks vanaf  10h00 tot 17h00 oop. Die Franschhoek Kitchen is oop vir middag- en aandete vanaf Dinsdae tot Saterdae, en Sondae vir middagete, maar sal gesluit wees in Junie. Skakel 021-876-2729 of stuur e-pos aan wayne@holdenmanz.com vir besprekings.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram