Hoe om die regte cabernet te kies

Cabernet sauvignon is ’n verkleurmannetjie. Hoewel dit waar is vir elke druifsoort, is dit veral waar vir cabernet. Miskien is dit omdat cabernet in so baie streke verbou word dat ons bewus is van die baie verskillende “vorms” wat hy kan aanneem. Klimaat, terroir, oesjaar, wynmaak en meer maak ’n groot verskil.

Maar wat is dit van cabernet sauvignon wat wynliefhebbers se verbeelding oor die eeue heen so aangegryp het? Hierdie “boorling” van Gironde is per slot van sake ’n gunsteling regoor die wêreld.

Miskien is dit sy kleur. Cabernet-sap is byna altyd ’n kenmerkende rooi-pers kleur danksy die druifsoort se polifenoolryk dop. En niemand kan die druif se natuurlike balans betwis nie. Die meeste cabernet sauvignon lewer ’n dubbele “vuishou” van ryk, rooi vrugte en skroeiende suur. Sy kapasiteit vir kompleksiteit en ontwikkeling is duidelik.

Cabernet sauvignon word op baie plekke verbou, maar sy sterk kultivar-eienskappe staan uit maak nie saak vanwaar hy kom nie. Terwyl ons algemene stellings kan maak oor hoe ’n kultivar homself uitdruk in ’n streek, hang baie uiteindelik af van die bottel wat jy drink. Waar kom die wyn vandaan? Hoe is dit gemaak?

Mens kan egter altyd op cabernet staat maak om geure van swart kersies en korente op te dis, soms ook viooltjies, en soms selfs olywe. Die ondersteunende geure – sjokolade, sederboks, potloodskaafsels – kan wissel.

Die houtbehandeling is ook belangrik. Waar kom die eikehout vandaan? Hoe oud is die hout? Is die hout gerook? Hoe lank het die wyn in die houtvate deurgebring? Die veranderlikes is eindeloos.

Met dit alles in gedagte, begin te proe!

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>