Hillcrest introduces wine range named after a Jack Russell!

It’s become somewhat of a cliché: all farmers have a little Jack Russell “farming” alongside them on a daily basis! Hillcrest winemaker, Arno Smith’s, is called Saartjie, but he believes she is an exception. Why? Well, because she has a single vineyard wine range named after her!

 

Arno recalls the first day he met her. She was the smallest and the most cautious of all the puppies, and he immediately knew that she was destined to become his “little baby girl”.

 

When most people hear Saartjie’s name, they always make the joke or assume her name comes from Saartjie Baartman, the well-known Khoikoi woman who lived in the eighteen hundreds.

 

But Saartjie is an old family name. A great aunt of Arno’s – a fierce old lady – always cautiously observed and assessed from a distance, and when needed to intervene or to stand her ground, she would make herself known and silence all the wrong say- or doers. Just like Saartjie the Jack Russell.

 

Saartjie has become somewhat off a celebrity among the people in the valley, as well as the estate’s loyal supporters. People visiting the restaurant even bring their dogs with to have regular playdates with the “friendly Saartjie”. Don’t make a mistake, with your first visit to Hillcrest, Saartjie will come and investigate, maybe even bark three or four times, just to let you know, this is her turf.

 

Saartjie never leaves Arno’s side, she’s a pro Quad bike driver, and a master in picking the best grapes and even makes better wine than he can.  Saartjie even eats grapes, early in the mornings when Arno samples the vineyards to establish which grapes must be harvested next. Saartjie loves nothing more than to run alongside him waiting for a grape to fall out of his hands so that she can quickly scoop it up. Her favourite seems to be the semillon grapes.

 

So in 2016 Arno decided to experiment by making a semillon, which is mostly used in blends, and more commonly with sauvignon blanc.  He harvested a ton of semillon grapes and fermented the juice in old French oak barrels, using a technique called wild fermentation. This simply means that no commercial yeast was added to help with the fermentation process, therefore allowing the process to take place naturally.  After fermentation the wine was matured in French oak barrels for a further six months with added neutral French oak staves to insure a fuller rounder mouth feel.

 

The result is a Semillon with rich aromas of honey, toffee, vanilla and citrus flavours which carry through on to the palate and ends with a long finish. The Semillon is dedicated to Saartjie and serves to remind us that there’re no better friend than a dog.

 

The response from colleagues to the Saartjie label, and the Semillon, was overwhelming, which led to Arno taking his experimental phase up a notch.

 

Hillcrest, situated in the Durbanville Wine Valley, is known for producing Bordeaux cultivar wines. In 2004 three essential cultivars were planted, namely cabernet franc, malbec and petit verdot. What started off as experimental and testing the waters to see how their consumers would respond to these cultivars, resulted in stand-alone wines, and ultimately the Saartjie Single Vineyard Selection range. Together with the Semillon the range comprises the following:

A beautiful Cabernet Franc with a chalky nose, and hints of wild blossoms and spicy notes. Firm structure, soft tannins with flavours of black current and herbs, resulting in a long finish.

A crowd favourite, the Malbec shows an impressive depth of colour. Complex nose of black berry, plum and black cherry flavours. A lively, well balanced wine with accessible supple tannins.

Completing the range is the serious Petit Verdot with an intense dark colour, and aromas of cassis, lively fruit and liquorice on the nose. The wine has a dense palate with impressive tannin structure and a persistent finish.

 

The reds are from the 2016 vintage, while the Semillon is a 2017 vintage.

 

Available only from the estate the wines are available to purchase at R125 each. For more information visit www.hillcrestfarm.co.za.

 

END

 

Hillcrest stel wynreeks bekend vernoem na ’n Jack Russell!

 

Dit het al ietwat van ’n cliché geword, die staaltjie dat alle boere daagliks ’n klein Jack Russell aan hul sy het, maar Hillcrest se wynmaker, Arno Smit, glo sy Saartjie is die “uitsondering op die reël”. En om hierdie rede is dit dus nie verbasend nie dat sy Jack Russell dan ook gelei het tot die skep van ’n enkelwingerd-wynreeks genaamd Saartjie.

 

Arno onthou die eerste dag dat hulle paaie gekruis het. Sy was die kleinste en versigtigste van al haar boeties en sussies en hy’t onmiddellik geweet dat sy bestem was om sy “klein babadogtertjie” te word.

 

Wanneer mense van Saartjie hoor, maak hulle altyd die grap of neem hulle outomaties aan dat sy na die bekende Saartjie Baartman vernoem is. Baartman was die Khoikoi-vrou wat in die 19de eeu geleef het. Maar Saartjie is egter ’n ou familienaam van die Smits. ’n Groot-tante van Arno met dieselfde naam was ’n vurige ou dame wat dinge altyd versigtig en op ’n afstand dop gehou en dan wanneer nodig ingemeng of standpunt ingeneem het, nes Saartjie die Jack Russell!

 

Saartjie het ietwat van ’n “persoonlikheid” onder die mense in die Durbanville-vallei geword, asook onder die landgoed se getroue ondersteuners. Mense wat die restaurant besoek, bring soms selfs hul eie honde saam om met die “vriendelike Saartjie” te speel. En wanneer jy Hillcrest vir die eerste keer besoek, moenie verbaas wees as Saartjie kom ondersoek instel en jou met ’n geblaf of vier verwelkom nie, net om te wys wie’s die “baas van die plaas”.

 

Saartjie is soos Arno se skaduwee. Sy’s ewe tuis op ’n vierwielmotorfiets as in die wingerd, en Arno spot dat sy nie net ’n meester is wanneer dit by die beste druiwe pluk kom nie, maar dat sy selfs beter wyn maak as hy! Saartjie is ook nie skaam om druiwe vir ontbyt te eet wanneer Arno vroeg soggens die druiwe gaan toets vir pluk nie. Wanneer druiwe uit sy hand val, is sy soos blits by om dit op te raap en te eet. Haar gunsteling is glo semillon!

 

In 2016 het Arno toe besluit om ’n eksperimentele semillon te maak. Hillcrest gebruik die kultivar hoofsaaklik vir gebruik in wit versnitte, meestal met sauvignon blanc. Hy’t ’n ton semillon-druiwe gevat en die sap in ou Franse eikehoutvate gegis met ’n tegniek wat as wilde gisting bekend staan. Dit beteken dat geen kommersiële gis bygevoeg is om die gistingsproses aan te help nie en die proses dus sy normale gang te laat gaan. Na gisting is die wyn vir 6 maande lank in Franse vate verouder. Neutrale Franse eikehoutstawe is bygevoeg om ’n voller mondgevoel te bewerkstellig.

 

Die gevolg is ’n Semillon met ryk aromas van heuning, toffie, vanielje en sitrus wat na die mond deurgedra word en spog met ’n talmende nasmaak. Dit is opgedra aan Saartjie sodat haar naam nog lank onthou sal word en om ons daaraan te herrinner dat daar geen beter vriend as ’n hond is nie.

 

Die reaksie van kollegas op die Saartjie-etiket, sowel as op die Semillon, was oorweldigend, en dit het Arno aangespoor om sy “eksperiment” verder te voer. Hillcrest is bekend vir sy wyne van Bordeaux-kultivars en in 2014 is cabernet franc, malbec en petit verdot gevoeg by die landgoed se bestaande kultivars. Wat as ’n eksperiment begin het en om te sien hoe hul ondersteuners voel oor hierdie kultivars, het uiteindelik uitgeloop in die Saartjie Single Vineyard Selection-reeks. Tesame met die Semillon bestaan die reeks uit:

 

’n Puik Cabernet Franc met aromas van kryt en sweempies wilde bloeisels en speserye in die neus, ’n stewige struktuur, sagte tanniene en geure van swartbessies en kruie, en ’n talmende nasmaak.

 

’n Gewilde Malbec wat puik diepte van kleur ten toon stel, asook ’n komplekse “neus” van braambessies, pruime en swart kersies. Dis ’n goed gebalanseerde wyn met soepel tanniene.

 

’n Ernstige Petit Verdot voltooi die reeks. Hierdie wyn het ’n diep, donker kleur en stel aromas van cassis, lewendige vrugte en droplekkers vry in die neus. Dit spog met ’n volronde mondgevoel met indrukwekkende tanniene en ’n volgehoue nasmaak.

 

Die Semillon is van die 2017-oesjaar, terwyl die rooies uit 2016 dateer. Hillcrest se Saartjie Single Vineyard Selection-wyne is slegs op die landgoed beskikbaar teen R125 per bottel.

 

Vir meer inligting, besoek www.hillcrestfarm.co.za.

 

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>