As die see baie stil is langs die Weskus, praat die Weskussers van “blênkstil”. As die vis dik lê, noem hulle dit “die vis lê etter-dik”. En as jy baie moeg is, praat hulle van “moer toe gedruk”.
Vanwaar Gehasie? vra jy. Wel, ek en vroulief is gereelde besoekers aan die Weskus Nasionale Park en dan sluit ons gewoonlik ons besoek af met ‘n heerlike ete by die Geelbek-restaurant in die geskiedkundige opstal teenaan die strandmeer.
Nou onlangs was ons weer daar, hierdie keer met vriende, vir ‘n heerlike naweek van ontspan in die natuur, en die Sondag het ons weer by Geelbek gaan aansit vir middagete. Toe ek nou so deur die nuwe spyskaart blaai, kom ek op bogenoemde sêgoed af, asook ‘n lekker lang lys van kos- en wynmaters. En aangesien ek ‘n passie vir sowel kos as wyn het (vroulief word net een keer ‘n maand in die kombuis toegelaat!), het ek gedag ek moet hierdie onthou en deel met ander mense wat, soos ek, die lewe met hul tonge beproef en ervaar.
Hier’s hulle:
Game birds – Rosé, pinot noir or red blends. Remember, the darker the meat, the darker/stronger the wine. Guinea fowl works well with pinot noir, merlot or strong chenin blanc.
Hamburgers – Dry, young, unpretencious red.
Skaap- en lamsvleis – Gerooster die beste met cabernet sauvignon of merlot. Tjops met shiraz of ‘n jong cabernet sauvignon.
Sampioene – Pinot noir of byna enige goed verouderde rooiwyn.
Nuts – Port after a meal. Sherry before a meal. With nutty deserts, go for a MCC (Methode Cap Classique) sparkling wine.
Oxtail – Shiraz of Zinfandel.
Beesvleis – cabernet sauvignon, merlot, pinot noir of enige ernstige rooie. Koue vleis vereis iets ligter, soos pinot noir, droë rosé, blanc de noir, maar maak dit effe koel.
Biltong – verskillende biltong werk met verskillende rooiwyn, maar ‘n stewige shiraz is ‘n goeie gemene deler.
Bobotie – many partners, but try dry sparkling, fresh young chenin blanc, pinotage, shiraz or other reds make in ruity, easy-drinking style.
Steak – cabernet sauvignon, merlot, shiraz, pinotage.
Stowegeregte en bredies – lewendige rooiwyn. Met viskasserolle probeer vars jong witte, sauvignon blanc of droë rosé. Met waterblommetjies en groen bone probeer sauvignon blanc, chardonnay, jong pinotage of merlot.
Braaivleis – hang af van wat gebraai word, maar kies altyd ‘n wyn met karakter, bietjie murg in sy pype, niks wat maklik deur die rook oorweldig sal word nie.
Volstruisfillet – Pinotage of merlot.
Volstruisburger – Pinotage of shiraz.
Pastries and cake – Special Late Harvest
Paté – Sparkling wine (Champagne) or pinot noir.
Quiche – Vol, vrugtige chenin blanc, sauvignon blanc of gewurtztraminer.
Slaaie – werk maar lig met die asyn aangesien dit wyn affekteer. ‘n Vars witwyn of rosé met ‘n nicoise-slaai, chardonnay met ‘n visslaai, of miskien iets minder ernstig soos ‘n blanc de noir.
Vis – droë vonkel, MCC of droë wit soos sauvignon blanc of chardonnay, riesling of chardonnay-versnit.
Vis gerooster – sauvignon blanc; chardonnay, chardonna-versnit of chenin reserve met romerige sous; pinot noir met rooiwynsous of rooiwyn in resep.
Vis gerook – fris, aromatiese witte, sauvignon blanc, goed gehoute chardonnay, gewurtztraminer of riesling.
Shellfish – grilled, boiled, steamed or cold (with mayonnaise): sauvignon blanc, crisp young chenin blanc or off-dry riesling, chardonnay.
Calamari – sauvignon blanc, dry white blend or light red.
Sardientjies – fris petillant wit of jong rooi.
Smoorvis – effe-droog chenin blanc, chardonnay of jong pinotage.
Smoked snoek – wooded chardonnay, pinotage.
Snoek – crisp, assertive dry white, young red or pinotage.
Nou-ja, daar het jy nog pasmaats om mee te werk. Probeer en geniet.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast